Steve Hofmeyr-roman ’n topverkoper
Lees ’n uitreksel uit Steve se nuutste roman.
Hy is een van Pretoria se gewildste vermaaklikheidskunstenaars, en as skrywer het Steve Hofmeyr reeds goed naam gemaak vir homself. Sy vierde roman Laaste dans, Drienie is tans die top Afrikaanse verkoper op Amazon.
Dié aangrypende fiksieverhaal, wat in die bekende strate van Pretoria afspeel, strek oor twee verskillende eras – tydens die moderne Oscar Pistorius-drama en die laat 1930’s en vroeë 1940’s.
“Toe Oscar Pistorius blosend in die gange van die Brooklyn-polisiestasie by luitenant Muller Joubert verbyloop, was Muller seker dat daar in jare nie so ’n bisarre saak was nie en daar nie gou weer so een sou wees nie.
Hy was verkeerd. Daar was reeds. En hy was in die middel daarvan.
In die omgewing van die liefde is niemand se hart veilig nie; dit weet Muller maar alte goed, want die meisie wat hy liefhet is blykbaar nie vir hom beskore nie. Dan kom vertel ’n tannie hom van haar laaste dans in 1941. Twee broers. Een oorlog. Een meisie. Een liefde. Een kans.
En ’n liefdesverhaal wat reeds sewentig jaar wag om vertel te word.”
Lees ’n uitreksel uit dié gewilde roman van Zebra Press en Random House Struik-uitgewers hier.