Klawerkoning se nuutste album bekendgestel
Aanhangers van regoor Pretoria kon nie wag om 'n voorsmakie van dié nuutste treffer te kry nie en die teater was stampvol.

Pretoria se eie klawerkoning Charl du Plessis se nuutste album Baroqueswing is Sondag by ‘n luisteryke geleentheid in die Atterburyteater bekendgestel.
Aanhangers van regoor Pretoria kon nie wag om ‘n voorsmakie van dié nuutste treffer te kry nie en die teater was stampvol. Du Plessis se loopbaan strek oor 15 jaar en hy het ook al saam met Nataniël opgetree.
Die album is verlede jaar in Ernen Switserland opgeneem en bevat bekende werke soos die Vier Seisoene van Vivaldi, Back se Air on a G string en Pachelbel se gewilde Kanon. Werner Spies speel kontrabas en Hugo Radyn dromme op die album. Die driestuks staan bekend as die Charl du Plessis trio.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.