Saarkie weet om te rock

Saarjie bied hulle vertonings vermeng in Afrikaans en Engels aan en die musiek is ’n kombinasie van talent en passievolle energie wat met dinamika, sinergie en talent oortuig.

Die groep is enig in hul soort en dié drie meisies weet hoe om te rock, veral in Afrikaans.

Bekend as die enigste meisie rock-groep in die land, beloof Saarkie om op 14 Junie aanhangers by die Route 66 Diner, Menlyn, op hul voete te hê.

Saarkie, bestaande uit Lourene Mostert (baskitaar, klawerbord en agtergrondstem), Lila Botha (dromme en agtergrondstem) en Adèle Fouché (hoofsanger, kitaar en mondfluitjie), is die enigste groep wat vir elke aspek van hul musiek en die uitvoering daarvan verantwoordelik is.

In hul eiesoortige styl bied hulle vertonings vermeng in Afrikaans en Engels aan en die musiek is ’n kombinasie van talent en passievolle energie wat met dinamika, sinergie en talent oortuig.

Die meisies se album sal later vanjaar beskikbaar wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button