Arjana se gospeldebuutalbum onlangs bekendgestel
Een luister na dié sielvolle album sal jou in hoendervleis laat uitslaan.

Vir dié voormalige weermagoffisier was dit nog altyd ‘n droom om eendag ‘n gospelalbum op te neem en vanjaar het daardie droom ‘n waarheid geword. Arjana se gospeldebuutalbum By U is onlangs bekendgestel en een luister na dié sielvolle album sal jou in hoendervleis laat uitslaan.
Arjana Schutte, ‘n veelsydige verpleegster, afrigter van modelle en eienaar van ‘n modelakademie het reeds twee en ‘n half jaar gelede die opdrag van bo gekry om dié album te maak en vanjaar besluit om haar Godgegewe talent met die wêreld te deel. “My ma het die stem van ‘n engel gehad en ek was maar altyd lief vir musiek,” vertel Arjana oor haar album. Sy beskryf haar musiek as salwende gospelmusiek wat die hartsnare roer; die soort musiek wat die luisteraar in lig en liefde tooi, van begin tot einde. Luister veral na Bly By My, Kom na Hom en As U My Weeg.
Die snit By U is saam met Deon van der Merwe van Touch of Class-faam opgeneem en Hanalie Burger Gaan loer ook na die musiekvideo vir Kom Na Hom