Jan Blohm se rasper stem
Musiekliefhebbers kry nie genoeg van Jan Blohm en sy rasper stem nie.

Vir meer as tien jaar reeds kan aanhangers en musiekliefhebbers nie genoeg van Jan Blohm en sy rasper stem kry nie.
Treffers soos Breyten se Brief en Sondaglover het een na die ander uit sy pen gevloei en albums soos Melkstraat Confessions, ‘n Stille Runway, Groen Trui en Rugby het menige na musiekwinkels laat haas.
Sy musiek en lirieke spreek vanself en met Breyten se Brief En Die Dekade Daarna kan aanhangers uitsien na ‘n album propvol gunstelingtreffers. Noem dit en die treffers verskyn daarop. Groen Trui, In Wens, Boere Cinderella en Ons Huisie, noem maar op.
In die musiekbedryf word hy as ‘n ikoon gesien en spog met tientalle toekennings wat Sama, Huisgenoot Tempo en Geraas Musiek-toekennings insluit. Dié album is ‘n moet vir enige Jan Blohm-aanhanger en selfs vir dié wat nog nooit na sy musiek geluister het nie.