Jan Rhaap vertel van nuutste album

As student aan die Universiteit van Pretoria het Jaap sy eie musiekgroep genaamd Brandweer saam met vriende gestig maar later besluit om eerder 'n solo kunstenaar te word.

Hy is ‘n boerseun wat daarvan hou om te sing en nie tussen sy plaas en musiek kan kies nie, nou doen hy sommer altwee.

Die oud-Pretorianer Jan Rhaap is besig om vinnig naam te maak in die musiekindustrie en te oordeel aan sy album Laaste Kans, gaan hy kort voor lank ‘n huishoudelike naam wees.

As student aan die Universiteit van Pretoria het Jaap sy eie musiekgroep genaamd Brandweer saam met vriende gestig maar later besluit om eerder ‘n solo kunstenaar te word.

Die album bestaan uit 14 snitte en die titelsnit Laaste Kans, Kilometers en Ek Wonder Nog vertel stories uit sy kinderjare, van boerseun wees, nuwe horisonne en natuurlik van die liefde. Laaste Kans is ‘n mengsel van pop-rock en country-rock en daar is beslis iets vir elke smaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button