Afrikaans nogsteeds op kassie

Afrikaansenuus op SABC2 weer terug op die kassie ná week lange kansellasie.

Toegewyde Afrikaanse nuuskykers op SABC2 kan weer van Vrydag af hul normale dosis nuus besigtig.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van SABC-kanale, het Donderdagoggend bevestig dat die gewilde nuuskanaal weer normaal sal voortgaan.

Hy het gesê weens die gepakte skedule van die 2014 Fifa Wêreldsokkerbeker moes hulle die Afrikaanse nuus om 19:00 na SABC3 skuif om plek vir die sokkerspele te maak.

“Maar ongelukkig het hierdie week se sokkerspele veroorsaak dat die Afrikaanse nuus totaal van die kassie verdwyn het,” het Kganyago gesê.

Volgens Kganyago het SABC aan die einde van Mei ’n perskonferensie gehad om hul kykers in kennis te stel van die veranderings in die uitsaaiskedules.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button