Jarelange droom word ‘n werklikheid

Op Pad is die eerste boek uit Van Dyk se pen. Hy verduidelik dat die idee vir die boek ontstaan het nadat vriende en familie wat sy sketse gelees het hom aangemoedig het om sy werk met die res van die wêreld te deel.

‘n Jarelange droom ‘het ‘n werklikheid geword vir At van Dyk, ‘n prokureur van Wonderboom, toe sy boek, Op Pad, onlangs verskyn het — en soos soetkoek verkoop. Hy praktiseer die afgelope 25 jaar as prokureur en dié Pretorianer is gewis iemand om dop te hou.

Op Pad is die eerste boek uit Van Dyk se pen. Hy verduidelik dat die idee vir die boek ontstaan het nadat vriende en familie wat sy sketse gelees het hom aangemoedig het om sy werk met die res van die wêreld te deel.

Van Dyk het in 2005 begin om sy staaltjies in ‘n notaboek neer te pen maar maar nadat’n vriendin hom geleer het om met tien vingers te tik, gebruik hy graag sy slimfoon om sy idees so vinnig as moontlik neer te skryf.

“Ek sal my boek kan beskryf as “Van alles en nog wat,” vertel Van Dyk en verduidelik dat sy sketse soortgelyk is aan dié van Dana Snyman. “Baie van my sketse is nostalgiese vertelling.”

En nes met baie ander skrywers kom sy inspirasie ook nie op gewone ure van die dag nie.

“Partykeer word ek in middel van die nag wakker met ‘n konsep en dan moet dit net daar en dan uit. Dis soms so erg dat ek al opgestaan het en die storielyn vinnig op my slimfoon getik het sit sodat ek dit die volgende dag kan skryf,” vertel Van Dyk.

Dié Pretorianer sien homself as ‘n gebore storieverteller en sê dat hy dit veral goed regkry om die spanning tot reg aan die einde van die skets te laat opbou.

“Daar is ‘n paar nuwe sketse wat ek graag nou in die boek sou wou hê, maar miskien is dit ‘n goeie inspirasie om genoeg te skryf vir ‘n opvolger.

Op die oomblik versprei en verkoop Van Dyk al sy boeke self maar die plan is om binnekort by ‘n uitgewer te gaan aanklop. “Dis nogal lekker dat mense bereid is om te betaal om my boek te lees. Ek is egter nie ‘n goeie verkoper nie en gee dalk te maklik ‘n boek weg.”Daar is nog nie planne om sy voltydse werk vaarwel te roep nie.

“Op die oomblik geniet ek my prokureurswerk nog te veel. Jy moet in elk geval eers status in die skryfbedryf kry voor jou werk op almal se rakke is. Ek geniet dit as mense iets uit my skryfwerk put, maar vir eers sorg die prokureurswerk vir die paaiemente. As my tyd meer beskikbaar word sal ek definitief meer skryf. Daar dryf nog idees in my kop rond soos ‘n roman of stories vir die kleinkinders(wat nog moet kom) maar soos Jeffrey Archer sê “only time will tell”.

Vir meer inligting of om jou hande op ‘n kopie van Op Pad te kry stuur gerus ‘n epos na admin@nkvd.co.za. Vir ‘n uittreksel uit die boek besoek ons webwerf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button