Magalies Kinderkoor bekoor Latvia
Die Magalies Kinderkoor het onlangs teruggekeer van die Wêreld Koor Olimpiade en dit was nie met leë hande nie.
Die Magaliesberg Kinderkoor het twee medaljes ingepalm by die Wêreldkoor Olimpiade in Riga, Latvia, vroeër vandeesmaand.
Dit koor het vir die kompetisie gekwalifiseer deur hul deelname verlede jaat aan die Agste Internasionale Johannes Brahms koor kompetisie, in Wernigerode, Duitsland.
Die kinderkoor, onder leiding van Hannelie van Sittert, het ‘n goue medalje gewen in die ‘children choir’ kategorie en ‘n silwer medalje in die ‘scenic folklore’ kategorie by die olimpiade.” Dit was ‘n onvergeetlike ondervinding!” sê Van Sittert op haar Facebookblad.
Sowat 44,000 lede van 400 kore uit 94 lande het deelgeneem.
Sylvia Kruger, ma van een van die koorlede, is baie trots op die koor se prestasie.
“Ons was een van 18 kore van Suid-Afrika wat gekwalifiseer het en dit was vir ons ‘n groot voorreg om deel te wees aan dié olimpiade,” het Kruger gesê.
Die koor het in Duitsland, by Duitse ouers tuisgegaan in Kreuzwertheim en in Wurzburg en die Duitse Vorstin opgetree.
“Ons het teen universiteitskore en ander groepe wat al 18 jaar saamsing, deelgeneem. Dit was vir ons ‘n groot eer om daar te wees en nog meer dat ons so goed gevaar het,” het Kruger gesê.
Vir meer inligting oor die Magaliesberg Kinderkoor, besoek hul webtuiste by www.magaliesbergkinderkoor.co.za.