Gospel-Skouspel in Pretoria

Sien uit na kunstenaars soos Juanita du Plessis, Riana Nel, Louis Brittz en Joe Niemand.

Pretorianers kan die naweek na die eerste Gospel-skouspel ooit in die Jakarandastad uitsien waar 11 van ons land se top kunstenaars saam op een verhoog te sien sal wees. Dié vertoning het reeds die afgelope ses jaar in Kaapstad uitverkoop en op 26 Julie gaan musiekliefhebbers in hul massa by die NG Moreleta-ouditorium saamtrek vir ‘n vertoning soos geen ander. Juanita du Plessis, Riana Nel, Louis Brittz, Joe Niemand, Rouchelle Liedemann, Neville D, Elvis Blue, Adam Barnard, Chris Chameleon, Retief Burger en Andriëtte Norman sal almal in aksie te sien wees, reg om die Here se naam deur middel van musiek groot te maak.

Kaartjies verkoop vinnig en die wat nog ‘n sitplek wil bekom sal gou moet spring. Kaartjies is by www.itickets.co.za beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button