Local newsNews

Sterre pronk by boekbekendstelling

RIVONIA - Die akteur kan sommer skryf ook. Simon Bruinders se boekbekendstelling van Die Sideboard het gewemel met bekendes.

Die akteur Simon Bruinders se talente is nie beperk tot die verhoog nie. Bruinders, wat in Sophiatown woon, het Saterdag sy debuutroman Die Sideboard in Rivonia bekendgestel.

Ongeveer honderd gaste – insluitende Shaleen Surtie Richards (die gasvrou vir die aand), die akteur Marcel van Heerden en Dominique en Julia Paris het die glansryke geleentheid bygewoon.

Surtie-Richards het die gehoor met haar skerp grappies vermaak, en Bruinders het gedeeltes van sy boek gedramatiseer. Bruinders – wat bekend is virsy rol in die 1984 film Broer Matie – sê die gaste was “bevange.”

Die Sideboard, wat goeie resensies kry, gaan oor werklike mense wat in George gewoon het, en oor die realiteit van bruinmense in Suid-Afrika. Die boek is landwyd beskikbaar in boekwinkels, en kan ook op e-boek gelees word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northcliff Melville Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button