NewsSchools

Ja-Nee, hy is tops

LINDEN – Die Ja-Nee het tot 'n spoggerige, en nou bekroonde, publikasie gegroei.

Die Ja-Nee, Hoërskool Linden se skoolkoerant, is onlangs aangewys as die beste gedrukte koerant in Beeld se skoolkoerantkompetisie.

Hierdie kompetisie word landswyd gehou, maar Linden se spogpublikasie het beoordelaars se aandag die meeste getrek.

Hierdie skoolkoerant is vir die eerste keer in 1972 as ‘n afgerolde A4-boekie wat die redaksielede self getik en aanmekaar gekram het, gepubliseer.

Also read: Grease musical wows audience at Hoërskool Linden 

Volgense die skool se webtuiste het die koerant in 1989 die eerste keer in gedrukte A3 formaat met wit en swart foto’s verskyn. Vanaf 1993 is die Ja-Nee met vier kleurbladsye uitgegee en word nou drie keer per jaar gepubliseer.

Van onderhoude, skryf, redigeer en die berigte tik tot die kopie op rekenaar self uitlê – die sowat 25 redaksielede doen dit als self. Die advertensies, wat die onkostes help dek, is ook hulle verantwoordelikheid.

“Ja-Nee se uitleg het beoordelaars veral beïndruk. Wat veral uitstaan, is hoe netjies die koerant se uitleg en aanbieding is. Die koerant is goed beplan en die berigte is aktueel en interessant,” het die beoordelaars gesê.

Ja-Nee is in 2009 die eerste keer as wenners aangekondig en het tot laas jaar elke jaar goed gevorder.

Bronne: Hoërskool Linden se Facebook-blad en webtuiste www.linden.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northcliff Melville Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button