Die Vensterfees 2014

KOM KOEKELOER BY DIE VENSTERFEES 14-16 AUG:

Program: Die Vensterfees 14-17 Augustus 2014.

 

Om meer oor elke produksie te weet, google dit gerus !!

 

Donderdag 14 Augustus 2014:

18:00 Kaas en Wyn : Wynvat

            Hierdie geleentheid is om dankie te se vir al ons borge

            en vriende van die Vensterfees wat op een of

            ander manier ons ondersteun het.

19:00  Doep is nie dood nie : KFC Thatchers

            Huldeblyk aan Koos du Plessis. Die huldeblyk het baie

            goeie resensies by KKNK en Innibos gekry. Alles is in

            die oorspronklike woorde van Koos du Plessis.

 

Vrydag 15 Augustus 2014:

10:00  Sonja en Tjokker : Markietent

             Kinderteater op sy beste,soos net die immergroen

             Sonja dit kan doen !   

12:00  Skote !! : Vulintaba  Hoofsaal

             Hierdie stuk is spesiaal vir tieners geskryf deur

             Dirk Uys. Ferrum Hoerskool voer dit vir ons op.

13:30  Klassieke Musiek: Susan Mouton Trio in Bundu’s

             Susan Mouton Trio speel pragtige klassieke

              musiek in Bundu’s

  14:30  Kulkunstenaar: Markietent

            Vickus Cruywagen is vir die tweede jaar terug by

            ons. Hy het die vermoe om oud en jonk te vermaak.

16:00 Klassieke Kitaar: Vivace in Bundu’s

            Vivace groot sukses op Wakkerstroom musiekfees

16:00 Poppekas : Markietent

            Altyd ‘n gunsteling by oud en jonk !

18:00 Jou gat my skat : KFC Thatchers

            Een van Barry van Rensburg se toneelstukke wat vir

            elkeen van ons ‘n boodskap gee. Baie pret en lag.

20:00 Die Naaimasjien : Vulintaba Hoofsaal

           Sandra Prinsloo  in die rol van 81 jarige Magdaleen.

           Sy sit in haar Ouetehuiskamer op die dag wat haar 

           geliefde Naaimasjien verkoop word. Sy lei ons met

           deernis,humor en wysheid deur die lewe. Roerend.

 

Saterdag 16 Augustus 2014:

09:00 Poppekas : Markietent

            Altyd ‘n gunsteling by oud en jonk.

11:00 Magonjatjie en die Dinosaurus : Markietent

            Hierdie gewilde radioverhaal is nou op die planke.

            Kom kyk sodat jou mond saam met die kinders s’n

            kan oophang ! Kinder genot!!

12:00 Die Volmaakte Man en ander Mites : KFC Thatchers  

           Regie: Sandra Prinsloo.

           Die man mag dalk ver van volmaak wees,maar die

           opvoering kom baie na daaraan – en dis geen mite nie.

           Alexa Strachan is iets seldsaam,uitsonderlik en

           oorspronklik. ( Die Burger)

 

13:00 Sonja en Tjokker : Markietent

            Kinderteater op sy beste soos net die immergroen

            Sonja dit kan doen.

13:30 Klassieke  Musiek : Susan Mouton Trio : Bundu’s    

            Strelend op die oor !

14:00 Kulkunstenaar : Markietent

            Vickus Cruywagen smokkel met jou kop !

16:00 Affairs vir Domkoppe : Thatchers

             Daar is sekere reels as dit kom by die kies van

              ‘n skelmpie.Die moets en moenies van ‘n affair

              word op skreeusnaakse wyse deur Chris Vorster

              uitgebeeld.

16:30 Klassieke Kitaar: Vivace in Bundu’s

           Vivace groot sukses op Wakkerstroom musiekfees

17:00 Poppekas : Markietent

            Altyd ‘n gunsteling by oud en jonk

19:00 Vir ewig en altyd : Vulintaba Hoofsaal

           Marius Weyers en Sandra Prinsloo hou die beste vir

            laaste. Ongelooflike lewensdrama wat deur twee van

            ons beste akteurs voorgedra word. Absolute moet !!    

Kaartjies te koop by Computicket. Vir enige navrae skakel asb vir Johann Marais (Komiteelid) by 0826787321

Back to top button