Kersfees is vroeg in Dundee
Kersfees breek weer vroeg aan vir die Dundeeniete en die omgewing met die Kersmark van die NG Gemeente Dundee op Saterdag 28 November.
Soos verlede jaar beloof dit wees n fees van stalletjies wat handgemaakte items te koop gaan aanbied. Almal begin reeds nou al dink aan daardie geskenke wat vir diekinders en geliefdes en ander familielede en vriende gekoop moet word. As daar enige persoon is wat nog hul produkte hier wil uitstal en verkoop, is hulle welkom omvir Jorieta by die kerkantoor te skakel by 034 212 9191 om plek te bespreek. Daar is plek onder dak teen R100 en opelug plekke beskikbaar teen R50. Enigeen iswelkom solank hand/tuisgemeekte goedere te koop aangebied sal word.