Hoërskool Volksrust verwelkom nuwe personeellede
Hoërskool Volksrust is besonder gelukkig om vanjaar verskeie nuwe personeellede te verwelkom. Mariaan Pringle, al lank ‘n Volksruster, het aan Tukkies B. Com.Rek. studeer. Sy is vanjaar verantwoordelik vir Wiskunde Graad 9. Rose-Anne Lyon beskik oor `n B.A. in Mediastudies van die Universieit van die Vrystaat. Sy is `n oudleerling van Volksrust Hoërskool en sy …
Hoërskool Volksrust is besonder gelukkig om vanjaar verskeie nuwe personeellede te
verwelkom.
Mariaan Pringle, al lank ‘n Volksruster, het aan Tukkies B. Com.Rek. studeer. Sy is
vanjaar verantwoordelik vir Wiskunde Graad 9.
Rose-Anne Lyon beskik oor `n B.A. in Mediastudies van die Universieit van die Vrystaat.
Sy is `n oudleerling van Volksrust Hoërskool en sy sal Mev. Priscilla
Oosthuizen assisteer met Graad 11 en 12 Engels Eerste Taal.
Herlien Vermooten is afkomstig van Potchefstroom waar sy Kommunikasie en Sielkunde
studeer het. Sy her haar NGOS voltooi en twee jaar lank in Korea Engels onderrig. Sy het reeds haar Honneurs in Opvoedkundige Sielkunde
voltooi en gaan vanjaar Lewensoriëntering aanbied.
Jean-Pierre Viljoen, ook ‘n oud-Volkie, studeer tans vir ‘n B.Sc.Ed. in sy derde jaar met Wiskunde en
Wetenskap as hoofvakke. Hy is vanjaar verantwoordelik vir Graad 8
Wiskunde en Graad 9 en 12 Lewensoriëntering.
Ansie Podges en Janine Swiegers sal die finansies in die algemene kantoor
behartig. Beide is al lank reeds inwoners van Volksrust en Janine is ook
‘n oud-Volkie.
Xavier de Jager is ons nuwe afrolassistent en assistent netwerkadministrateur. Hy studeer intussen ook vir ‘n nasionale rekenaars-
diploma.
Baie sterkte aan elke nuwe personeellid. Mag julle baie gelukkig wees by Volkies.



