FOTOS: Strelitzia sluit die jaar af met ‘n helpende hand
Dit was glo 'n baie suksesvolle jaar waarin daar baie nuwe vaardighede aangeleer en aan uitdagende kompetisies deelgeneem is.
Die Strelitzia Vroue Instituut dames het 2017 afgesluit met ‘n heerlike ontbyt by Pines Wedding and Conference Village op Desember 5.
Sannie Hartzenberg en Lorette Botha van Helpende Hand, Newcastle was teenwordig by die ontbyt en het ‘n skenking ontvang van nie-bederfbare kos, linne, komberse en verskeie ander benodigdhede.
Dit was glo ‘n baie suksesvolle jaar waarin daar baie nuwe vaardighede aangeleer en aan uitdagende kompetisies deelgeneem is.
LEES OOK: Strelitzia verkies ‘n nuwe bestuurspan
Nuwe dames is ook gedeurende die jaar verwelkom, en bring die ledetal tot 32 dames.
Strelitzia sekretaresse, Idè Kohrs verduidelik dat die instituut poog nogsteeds om elke maand ‘n organisasie te ondersteun wat hulp nodig het.
“Dit was baie bevredigend om in die afgelope jaar daarin te kon slaag om maandeliks skenkings te kon maak,” sê sy
“Strelitzia se dames gaan nou ‘n welverdiende ruskans geniet, en hervat hul aktiwiteite op 17 Januarie 2018 met hul maandvergadering.”
Enige persoon wat belangstel om deel te wees van die instituut is welkom om Marietjie Wright te kontak op 082 950 7858.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.
Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

and BBM pin D1EF333B.

You can also email our offices on Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za Quinton Boucher at newsun@caxton.co.za Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za Tersia Gopi at newed@caxton.co.za Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za





