FOTOS: Radio Raps laat Newcastle Skater
Dis juis hierdie uitkyk op die lewe wat Jonathan, RR en sy vertoning so gewild maak, wanneer hy met skerpsinnighede en satiriese sêgoed sin probeer maak van die swaarder dinge in die lewe.
Genuine is ‘n nuwe een-manvertoning deur die skreeusnaakse komediant Jonathan vanaf Radio Raps (RR), wat gehore regoor Suid-Afrika aan die lag het.
Vrydagaand (3 Augustus) het Jonathan met dié gewilde vertoning ‘n draai kom maak by die Pines Wedding and Conference Village en die gehoor histeries laat lag van begin tot einde.
LEES OOK: Jo Black inspires Newcastle crowd
Tydens die sketse en staltjies het RR verskeie karakters uitgebeeld en almal wat dié skerpskertsery aanskou het kon nie anders as om verleë te lag omdat elke situasie wat hy beskryf het effens te bekend lyk.
Jonathan het tydens die promosie van hierdie vertoning Suid-Afrikaners gemaan om bietjie anders na die wêreld te begin kyk en soms ook maar terug te sit en die lewe met ‘n knippie sout te vat.
“Boys, eintlik moet ons dit ernstig oorweeg om onsself minder ernstig op te neem,” het hy gemaan.
Dis juis hierdie uitkyk op die lewe wat Jonathan, RR en sy vertoning so gewild maak, wanneer hy met skerpsinnighede en satiriese sêgoed sin probeer maak van die swaarder dinge in die lewe.
Die dak het behoorlik gelig en tussen al die gelag en geskerts het almal lag-lag geleer om tog die lewe uit ‘n ander oog te aanskou.
Also remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.

Remember to read our WhatsApp disclaimer.
You can also email our offices; Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za – Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za – Tersia Gopi at newed@caxton.co.za – Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za and F.C. Pelser on sam@caxton.co.za







