GalleriesLocal sportSportSports galleries

Ncandu Rolbalspelers hou Newcastle se naam hoog

Die Ncandu Rolbalklub het onlangs gesheer gespeel vir ongeveer 10 spanne uit ons buurdorpe, gedurende hul half-jaarlikse borgdag-kampioenskappe.

Die Ncandu Rolbalklub het onlangs gesheer gespeel vir ongeveer 10 spanne uit ons buurdorpe, gedurende hul half-jaarlikse borgdag-kampioenskappe.

Die spelers van die Volksrust -, Vryheid – en Mahawane klubs het vroeg-vroeg al gesorg vir baie opwinding op die baan, maar oudergewoonte het die Ncandu-klub en sy spelers hul goed gehandhaaf tussen die ander spelers en self ‘n paar pryse in gepalm.

‘n Vryheid speler hou haar tegniek reg.

Construction and Cutting Machines het as hoofborg dit moontlik gemaak om die immergewilde borgdag-toernooi vir die tweede keer die jaar aan te bied en met die hulp van, onder andere, Pick ‘n Pay Pioneer Park, Victorian filmteater Magenta sekuriteit en Spur, was die dag ‘n wegholsukses.

‘n Mahawane-klub speler fokus op die baan.

Volgens Schoeman Botha (kompetisiesekretaris by die klub) is hierdie toernooie, wat die klub oor jaarliks as fondsinsamelings geleentheid gebruik, elke keer ‘n groot hoogtepunt vir die Ncandu-klub en hy het ook sy dankbaarheid uitgespreek oor die borge wat dit hierdie maand moontlik gemaak het.

Aan die einde van die gespelery was die uitslae as volg:

Eerste prys: John Cross, Jan de Lange en Estelle Dubber van Vryheid.

Tweede prys: Lu Theron, Aiden Dedekind en Winnie Hunter van Ncandu-klub.

Derde prys: Billy Villiers, Neste Viljoen en Johanna le Roux, ook vanaf Ncandu-klub.

Vierde prys: Ian Stoop, Lea van Aart en Christie Davel vanuit Volksrust.

Vyfde prys: Cor Horsten, Sannie Harzenberg en Charl Bester van Ncandu.

Sesde prys: Eugene Erasmus, Annatjie Roos en Linda Langley (Ncandu-klub).

Sewende prys: Abraham Louw, Aubrey Lindstrom en Tertia Combrinck (Mahawane).

Also remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages.

Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

Remember to read our WhatsApp disclaimer.

You can also email our offices; Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za – Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za – Tersia Gopi at newed@caxton.co.za – Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za and F.C. Pelser on sam@caxton.co.za 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button