Local newsNewsSchools
Groot trek
VERSKEIE programme het al oor die hele land plaasgevind. Kyknet se 44 Piet Retief Roete Trek het ʼn paar weke gelede op Bloedrivier geëindig. Hier in Vryheid was die gebeure by Hoёrskool Pioneer en Lucas Meyer Skool op 10 Okober, deel van hierdie landwye vieringe. Buiten ander verrigtinge het daar ʼn simboliese Watrek plaasgevind vanaf …

Hier in Vryheid was die gebeure by Hoёrskool Pioneer en Lucas Meyer Skool op 10 Okober, deel van hierdie landwye vieringe.
Buiten ander verrigtinge het daar ʼn simboliese Watrek plaasgevind vanaf Pionier, tot by Lucas Meyer se sportveld.
Die kakebeenwa se spore is verewig in nat sement en met ʼn pragtige graniet tablet wat die geleentheid omskryf.
Die eerste skof, beginnende op die skool terrein was getrek deur oupas en oumas waarvan sommige in voortrekkerdag geklee was.
Die tweede skof was getrek deur die ouers van die skool.
Die onderwys personeel was volgende aan die beurt en het die wa tot in Landdrostraat getrek waar hulle dit aan die Graad 12’s oorhandig het. Hoёrskool Vryheid se verteenwoordigers het saam getrek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





