Local newsNews

Die Groot Trek – 175ste herdenking

Later word afgesluit met aandgodsdiens en herbevestiging van die gelofte. So sal by elke oornagplek program wees.

Op 9 Desember begin die simboliese Groot Trek vanaf Wasbank, waar die Voortrekker die eerste keer in volle teenwoordigheid die gelofte afgelê het.
Alle belangstellende volksgenote sal gedurende die dag op die plaas Blinkwater, van Jan Labuschagne, vergader.
Om 5nm beweeg ons met voertuie na die naby-geleë Wasbankspruit, onthul die marmer tablet en doen die herbevestiging van die gelofte op die plek waar die laer gestaan het.
Persone wat nie weet waar die plaas is nie moet vooraf reël om vanaf Dundee begelei te word. (Navrae kan gerig word soos hieronder aangedui.) GPS koordinate is ook beskikbaar.
Op 10 Desember sal daar ‘n perdekommando bestaande uit dames en mans – drie waens met Afrikaner osse, fietsryers en verskeie motors die pad aandurf na die volgende oornagplek na Biggarsgat, op die plaas van CA Froneman. Daar aangekom sal daar by die groot dam eers ‘n bietjie kleilat gegooi word; toutrek sal plaasvind asook ander ontspannings.
Die aand sal ‘n klein konsert plaasvind, met vertellings en volksliedjies, begelei deur die Boeremusiekgulde.
Later word afgesluit met aandgodsdiens en herbevestiging van die gelofte. So sal by elke oornagplek program wees.
Die derde en vierde oorslaappunte sal by Talana Museum (Dundee) en op die plaas van Mnr Frik Vreken wees.
Op 13 Desember trek die laaste skof na Bloedrivier.
Die volgende fasiliteite word voorsien: ‘n waterkar met 1 000-liter water, mobiele toilette; bestellings kan vooraf geplaas word vir vleis braaipakkies – pap en sous word voorsien vir die aand; warm water word voorsien; beperkte stort fasiliteit, veral vir die dames; vuurmaakhout vir ‘n kampvuur; pamflette met volksliedjies.
Persone wat wil deelneem aan die konsert kan vooraf reel en ‘n item lewer.
Geen besprekings is nodig nie. Navrae: Frans Schutte 083 375 5198 of Boetman Duminy 083 659 3843.
Maandag, 9 Desember:
Oggend: Versamel op die plaas Blinkwater (J Labuschagne ) en slaan kamp op.
17:00: Onthul graniet tablet by Wasbank klipstapel.
Aand: Kort aandprogram by oornagkamp.
Dinsdag, 10 Desember:
Oggend: Trek na die plaas Biggarsgat (CA Froneman).
Aand: Kort aandprogram by oornagkamp.
Woensdag, 11 Desember:
Oggend: Vertrek na Dundee (Talana Museum).
Aand: Kort aandprogram by oornagkamp.
Donderdag, 12 Desember:
Oggend: Vertrek na die plaas Doringberg (Frik Vreken).
Aand: Kort aandprogram by oornagkamp.
Vrydag, 13 Desember:
Middag: Herdenkingstrek kom by Bloedrivier Feesterrein aan.
FEESTERREIN PROGRAM (13 tot 16 Desember):
Vrydag, 13 Desember:
Middag: Herdenkingstrek kom by Bloedrivier Feesterrein aan.
Saterdag, 14 Desember:
Deur die dag: Boere- en perdesport.
Aand: Volkspele, samesang, langarmdans in eeufees saal.
Sondag, 15 Desember:
9vm: Diens in walaer: Herbevestiging van Die Gelofte.
11vm: Vegkop toneelgroep (uitbeelding/vertelling rondom ander konflik in daardie tydperk).
1nm: Klim Vegkop uit; bespreking van Bloedrivier slag.
5nm: Eeufees saal: bespreking van gebeure na die slag gefokus op omstandighede van individuelegevalle.
7nm: Fakkelloop na walaer; Herbevestiging van Gelofte.
Maandag, 16 Desember:
6vm: Oggendstond biduur in walaer.
9vm: Herbevestiging van Gelofte en kranslegging.
10vm: Geloftefees diens in eeufees saal: Ds Piet Fourie.
Gasspreker: Alana Bailey: tema ‘Die Gelofte’.
12vm: Piekniek of braai saam op terrein.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button