Local newsNewsSchools

Leerlinge soos visse in die water

'n BESIGE en bedrywige week lê voor vir alle Pioniers op sportgebied. Geniet elke oomblik. Chelmsford Challenge: 17 leerlinge en twee personeellede van Pionier het aan die Chelmsford Challenge deelgeneem. Almal het die swem voltooi. Baie geluk aan die volgende leerlinge wat medaljes gewen het vir hul deelname: Christopher Doust neem aan die 3000m deel …

'n BESIGE en bedrywige week lê voor vir alle Pioniers op sportgebied. Geniet elke oomblik.

Chelmsford Challenge: 17 leerlinge en twee personeellede van Pionier het aan die Chelmsford Challenge deelgeneem.

Almal het die swem voltooi.

Baie geluk aan die volgende leerlinge wat medaljes gewen het vir hul deelname: Christopher Doust neem aan die 3000m deel en kom algeheel 12de.

Seuns 1000m deelnemers: Desmond Burke, Michael Williams, Dylan Wessels en Gustav Erlank.

Gustav vaar die beste van die Pionier seuns, algeheel 26ste en 7de in sy ouderdomsgroep.

In die dogters 1000m swem was daar 114 deelnemers. Al Pionier se swemmers is onder die eerste helfte van die deelnemers.

Geluk aan Melissa Harmse, Leandri Harmse, Kirsten Small, Jahnthé Smuts, Ané Theunissen, Sanica Williams, Nicole Pelzer, Louise Currie, Saartjie Erlank, Cleo Nel en Euné Bosch.

Euné kom algeheel 14de en derde in haar ouderdomsgroep.

Pionier is baie trots op Maruschka Kruger wat algeheel vyfde uit die water is en tweede in haar ouderdomsgroep met 'n tyd van 17 minute.

Mej. Gerber en Mnr. Venter stel ook nie teleur nie. Juf. Gerber eindig agtste in haar ouderdomsgroep en Mnr. Venter eerste in sy ouderdomsgroep.

Prefekte: Geluk aan Jan-Roelof Versluis wat as koshuis onderhoofseun aangewys is, na die verhuising van die vorige onderhoofseun.

Teen druktyd was die Interhuis swemgala en die Interhuis atletiek se uitslae nog nie bekend nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button