Editor's choiceLocal newsNews

Geliefde dokter sterf in Pretoria

Sy heengaan word betreur deur sy familie, kollegas, personeel en talle vriende.

Dr Kobus Pottas is Dinsdag, 18 Februarie na `n geruime tyd in die hospitaal in Pretoria oorlede.

Hy was die afgelope 35 jaar `n geliefde en gerespekteerde dokter onder al sy pasiënte.

Kobus Pottas sal altyd onthou word as `n diepgelowige Christen en as `n mens-mens met opregte omgee vir ander.

Hy het deur die jare met besondere waardigheid `n leidende rol op soveel vlakke in die gemeenskap gespeel.

Sy heengaan word betreur deur sy familie, kollegas, personeel en talle vriende.

Nadere besonderhede aangaande die begrafnis sal op Facebook en op www.newcastleadvertiser.co.za bekendgemaak word sodra dit beskikbaar is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button