Karnallie Gholfdag ‘n reuse sukses
Karnallie sê dankie aan almal wat hulle Keaton Energy Gholf Dag ondersteun het.
DIE KARNALLIE-Keaton Energy Gholfdag was ‘n reuse sukses!
Op 15 Maart hou Karnallie hulle jaarlikse Gholfdag met uitsonderlike goeie resultate. Nie net het ons ‘n vol veld, met 119 spelers gehad nie, maar ook die goedhartigste borge. Baie dankie vir elke speler wat gesorg het vir ‘n goeie gees en mooi sportmanskap. Besonderse dankie aan elke borg, groot en klein vir jul oop harte teenoor Karnallie. Sonder julle is so ‘n mooi dag nie moontlik nie!
Aan die hoofborge van die dag, Keaton Energy, ons woorde is te min om jul verbintenis met Karnallie te omskryf.
Vreeslik baie dankie vir al jul insette. Baie dankie ook aan Gerhard Hammand, wat die organisasie namens Karnallie behartig het.
Ons waardeer jou en die tyd en moeite en reëlings wat jy namens ons behartig het.



