communityEditor's choiceNews

NG Moedergemeente vier Paasfees saam met gemeenskap

Die mooiste was ook die uitstallings binne die kerkgebou van NG Moedergemeente wat die hele lyding van Jesus tydens die Paasnaweek uigetbeeld het. Daar is 12 stasies geskep met elkeen sy eie verhaal en betekenis.

Die Christelike gemeenskap het paasfees gevier vanaf 18 – 20 April waartydens hulle die lyding, kruisiging en opstanding van Jesus Christus herdenk. ’n Wonderlike Paassangdiens is op 13 April 2014 deur die Gemeente vir die gemeenskap van Dundee aangebied om dit te herdenk. 
Mense vanuit die hele gemeenskap het deelgeneem en die program het oa bestaan uit kore, Skriflesings, gebede, samesang en strykinstrumente. Die gemeenskap het die geleentheid baie goed ondersteun en byna 450 persone was teenwoordig.
Kommentaar uit die gemeenskap het gelui van ‘Dit was uniek en ’n belewenis’, tot ‘Ons het meer sulke geleenthede nodig waar die gemeenskap saam die Here kan aanbid en loof’ Almal was dit egter eens dat dit n geseende en vreugdevolle geleentheid was wat almal teenwoordig iets laat beleef het van die ware inhoud van waaroor Paasfees gaan.
Die Gemeente wil graag elkeen hartlik bedank wat met groot entoesiasme deelgeneem het en elkeen wat dit bygewoon het. Groot dankie aan ds Arnold Nadel, Marilie Bruyns en John Mulhatton wat met groot geesdrif hierdie pragtige en opwindende geleentheid georgani-seer het.
Die mooiste was ook die uitstallings binne die kerkgebou van NG Moedergemeente wat die hele lyding van Jesus tydens die Paasnaweek uigetbeeld het. Daar is 12 stasies geskep met elkeen sy eie verhaal en betekenis.
Al die uitstallings is deur verskeie persone uit die gemeente gedoen en is met bewondering ontvang deur almal wat dit besoek het. NG Moedergemeente wil vir die wonderlike mense van Dundee baie dankie sê dat hulle hierdie geleentheid saam met hulle moontlik gemaak het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button