Local newsLocal sportNewsSchoolsSport

Tertius Joubert – die Kampioen van Kampioene in hengel

TERTIUS Joubert het op 2 en 3 Mei aan die Varswater Oewerhengel Kampioen van Kampioene toernooi by Oppidam Hengelfees te Hartebeespoortdam deelgeneem. Hierdie toernooi is waar die top hengelaars van elke provinsie in die verskillende afdelings Juniors, Seniors, Dames en Meesters meeding om te bekroon te word as die Suid Afrikaanse Kampioen van Kampioene in …

TERTIUS Joubert het op 2 en 3 Mei aan die Varswater Oewerhengel Kampioen van Kampioene toernooi by Oppidam Hengelfees te Hartebeespoortdam deelgeneem.
Hierdie toernooi is waar die top hengelaars van elke provinsie in die verskillende afdelings Juniors, Seniors, Dames en Meesters meeding om te bekroon te word as die Suid Afrikaanse Kampioen van Kampioene in hulle onderskeie afdelings.
Die omstandighede was uiters moeilik en het die hengelaars se vermoë tot die uiterste beproef. Die juniors kon slegs daarin slaag om op die tweede dag van die toernooi vis te vang en die Here het vir Tertius bo alle verwagtinge geseën met ses visse in die laaste vier ure van die tweede dag en hy het die toernooi dus gewen.
Hy is bekroon as die Suid Afrikaanse Kampioen van Kampioene in die Junior o/19 afdeling en het ‘n borgskap van Supercast, Shimano en Fish Gills ontvang.
As jy hom vra waar kom sy sukses vandaan dan sê hy baie duidelik vir jou, “Deur die genade van onse Skepper is ek waar ek is vandag.”
Verder sê hy, “Omring jouself altyd met positiewe mense en wees dankbaar, nederig en waardeur die geleentheid wat jy het om nog ons sport te kan beoefen.”
Tertius wil net al die besighede en persone bedank wat hom deur die jare ondersteun en bygestaan het van waar hy kompeterend begin hengel het tot vandag waar hy die nommer een Junior in Suid Afrika is.Tertius Joubert

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button