Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Van Paddadam tot Paradysdam, hier kom ‘n mooi ding

SONDAGMIDDAG het sowat 100 mense van ons mooi gemeenskap onder leiding van die NG Klipkerk, ons Paddadam gevat en alle gemors opgeruim en die deurloop oper gemaak. Wat ‘n lekkerte om te sien dat jonk en oud, die Gemeenskap Polisieforum, besighede, inwoners en kerke binne ‘n uur alle gemors kon opruim. Ons raadslid Bennie Hancke …

Paddadam 12 Paddadam 1 Paddadam 5

SONDAGMIDDAG het sowat 100 mense van ons mooi gemeenskap onder leiding van die NG Klipkerk, ons Paddadam gevat en alle gemors opgeruim en die deurloop oper gemaak.

Wat ‘n lekkerte om te sien dat jonk en oud, die Gemeenskap Polisieforum, besighede, inwoners en kerke binne ‘n uur alle gemors kon opruim. Ons raadslid Bennie Hancke en sy gesin was ook daar en is koppe bymekaar gesit om dit na ‘n Parradys te omskep.

Die volgende stappe is om die deurloop van die water beter te maak, die riete uit te roei en die gogga in die hande te kry wat Paulpietersburg se hiasinte opgevreet het. Dankie julle…met julle gaan ons oorlog toe!

NB: inwoners moet asseblief eers hul vuilgoedsakke die dag wat die munisipaliteit dit oplaai, uitsit. As jul dit die vorige dag uitsit, vat mense dit Paddadam toe en skeur dit daar oop.

Kom ons maak ‘n groter verskil: kom elke gesin en besigheid aanvaar verantwoordelikheid om die blok of straat waar ons woon en werk skoon te hou en maak Vryheid vry van gemors!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button