Bloedrivier Geloftefees vier erfenis van 13 tot 16 Desember
Die Bloedrivier Geloftefees vind van 13 tot 16 Desember plaas, met godsdiensdienste, geskiedkundige herdenkings en kultuuraktiwiteite.
Die jaarlikse Bloedrivier Geloftefees vind van 13 tot 16 Desember plaas en bied besoekers vier dae van godsdiensvieringe, geskiedkundige aktiwiteite en herinnering aan die Gelofte.
Die program skop op Sondag 13 Desember om 18:00 af met die aankoms van Geloftegangers by die terrein, gevolg deur ’n kampvuur.
Maandag 14 Desember vind nog ’n kampvuur om 18:00 plaas, met ’n verdere kampvuuraktiwiteit om 18:30.
Dinsdag 15 Desember vertrek die Perdekommando om 07:30 vanaf De Jagersdrift. Die kommando sal na verwagting om 10:30 by die terrein aankom, waarna ’n verwelkomingseremonie volg.
Die dag se program sluit verversings, ’n middagdiens, volkspele, ’n preek, ’n lanternoptog, vertellings, die aflê van die Gelofte en ’n kampvuurkonsert in. ’n Boereorkes tree om 21:00 op.
Hoofvieringe op 16 Desember
Woensdag se program begin om 06:00 met die hysing van die vlag. François Schutte lewer om 08:30 ’n boodskap, waarna Ds Schalk Strauss van die AP Kerk in Pretoria om 09:00 die diens lei.
Die Waelprogram begin om 10:30 en sluit die Perdekommando, ’n vlagvertoning, kranslegging, die aflê van die Gelofte, vertellings en ’n kanondemonstrasie in.
Kampeer kos R80 per persoon per nag, terwyl kinders en studente R30 per nag betaal. Studente moet ’n geldige studentekaart toon. Voorskoolse kinders kampeer gratis.
Vir navrae, skakel Judean by 065 549 6681, Martiens by 082 299 1213 of Johan by 082 320 4133.
Die fees se leuse is: “Aan God alleen die eer.”
HAVE YOUR SAY: Like our Facebook page, follow us on Instagram and on our Whats Up Channel https://whatsapp.com/channel/0029Vb6TezkADTOJIPNmvO3u or email us at dundee.courier@caxton.co.za.



