EntertainmentLifestyleNews

Musiek is haar getuienis

Met ‘n rits treffer-albums op haar kerfstok, het Riana Nel haar die afgelope jare gevestig as een van die groot name in Afrikaanse musiek.

Met ‘n rits treffer-albums op haar kerfstok, het Riana Nel haar die afgelope jare gevestig as een van die groot name in Afrikaanse musiek.

Sy het bekendheid verwerf as gospelsangeres met drie albums, en haar eerste sekulêre album, Die Moeite Werd het in 2014 gevolg.

Met treffers soos Die Moeite Werd, Dans, Soos die Son, Tyd om te Lewe, Tweede Kans en Weier, het sy haar nie net in Suid-Afrikaners se harte ingesing nie, maar haarself ook gevestig as een van die talentvolste Afrikaanse liedjieskrywers vandag.

Riana is op 9 November 1981 in Windhoek, Namibië gebore.

Gospelmusiek en haar geloof is steeds van die belangrike pilare in haar lewe, maar met haar sekulêre pop/rock-musiek het sy ‘n nóg groter gehoor bereik.

Met Die Moeite Werd het sy kragte saamgespan met Arnold en Ewald Coleske en dit was vinnig duidelik dat haar loopbaan ‘n nuwe dimensie aangeneem het.

Kort voor lank is sy deur Huisgenoot beskryf as ‘n nuwe talent om dop te hou.

Die Coleske-broers het Riana aangemoedig om meer van haar eie musiek te skryf en haar as ‘n kunstenaar in die ware sin van die woord te vestig.

Dans was ‘n nommer 1-treffer op bykans elke kommersiële radiostasie in die land, maar Riana se album het nie minder as ses nommer 1-treffers gehad nie.

Die Moeite Werd is onder meer as beste popalbum by die Tempo-toekennings in 2012 vereer, en Riana het in 2013 die beste liedjieskrywer-toekenning met Johan Vorster by die Ghoema Musiektoekennings gedeel.

Nie dat Riana ‘n nuweling tot toekennings was nie.

Sy het reeds in 2001 die Geraas-toekenning as beste nuwe kunstenaar met Karen Zoid gedeel, en is ook dieselfde jaar as beste gospelsanger by die Geraas-toekennings aangewys.

Sy het in 2001 twee kategorieë by die Lier-toekennings gewen; as beste nuwe kunstenaar en beste vroulike sangeres.

Ander sangers het haar talent as liedjieskrywer raakgesien en sy het al vir onder meer Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Lianie May en Jay liedjies geskryf.

In April 2014 is haar nuwe album, Die Regte Tyd, vrygestel.

Dit was weer eens ‘n reusesukses en het in slegs nege dae goue status bereik.

Die snit, Tweede Kans, was vir vier weke agtereenvolgend die nommer 1-treffer op Jakaranda FM en was ook die nommer 1-treffer op radiostasies soos Radio Helderberg, Laeveld Stereo en Algoa FM.

Weier was eweneens ‘n treffer met ‘n nommer 1-plek op die Kia Afrikaanse Top 20 asook op Jacaranda FM.

Die Regte Tyd is Riana se getuienis van haar soeke na ‘n sielsgenoot (sy is in 2013 met die entrepreneur, Cornel de Beer getroud) en die belofte wat deur God aan haar gemaak is.

Die album was 2014 se topverkoper in Suid-Afrika met verkope van meer as 62 000 en Die Moeite Werd het intussen die 100 000-merk verbygesteek.

In Februarie 2015 is Riana vir vier Ghoema-toekennings benoem, namelik beste sangeres, beste pop-album, beste liedjieskrywer en vir beste album van die jaar vir Die Regte Tyd.

Met haar borrelende persoonlikheid en eindelose talent, is hierdie net die begin van Riana Nel se loopbaan.

Sy gaan beslis nog diep voetspore in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld trap.

Vir verdere inligting, bel gerus vir 072 214 4590, stuur ‘n e-pos na info@vocalevents.co.za, of besoek www.vocalevents.co.za / www.riananel.co.za

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button