Community galleriesGalleriesNews

Strelitzia Vroue Instituut: ‘n Duisend dankies

Weereens 'n groot dankie aan ons borg wat gehelp het om ons doel te bereik om nou in staat te wees om hulp te verleen aan ons plaaslike liefdadigheidsorganisasies, CANSA, CMD en die Amajuba Skool se voedingskema. Dankie Newcastle!

Mevrou – Aan elke besigheid en individu wat hul harte en beursies vir ons oopgemaak het, wil ons net sê baie dankie, want sonder julle kon ons nie so ‘n uiters suksesvolle Groepdag aangebied het en soveel fondse gegenereer het vir ons gemeenskap nie.

In besonder aan ons hoofborg, Bernina wat twee naaldwerkmasjiene geskenk het – ons waardeer dit opreg!

Op Woensdag, 15 April het al die vroue van die Vryheid groep hul blomme rangskik en daarna is dit tesame met al die gebak, gebottel, hekel, brei, masjienwerk en volwasse opvoeding beoordeel. Strelitzia het verskeie eerste pryse behaal.

Die Groepdag het op 16 April plaasgevind en vroue van Pongola, Paulpietersburg en drie takke van Vryheid sowel as ‘Morning Group’ het teen mekaar meegeding.

Verskeie sprekers het op tema Reënboognasie uitgebrei, waaronder Erika Erasmus en Sanlam se verteenwoordiger, Helen Martin, een van ons borge.

Na middagete was dit tyd vir ons groot trekking om te bepaal wie die Bernina masjiene sou wen. Rosemary Killen, FWI se president, tesame met Salomè de Wet van Bernina het die gelukkige naam getrek en die wenner aangekondig- Marietjie Wright van Newcastle. Baie geluk!

Die gasspreker was Ian Wessels van RSG en almal het sy humoristiese praatjie baie geniet.

Weereens ‘n groot dankie aan ons borg wat gehelp het om ons doel te bereik om nou in staat te wees om hulp te verleen aan ons plaaslike liefdadigheidsorganisasies, CANSA, CMD en die Amajuba Skool se voedingskema. Dankie Newcastle!

Strelitzia Vroue Instituut

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button