OP 15 April het alle LMessers hul skuiwe op die skaakbord afgestof en vir vyf ure in ouderdomsgroepe teen mekaar meegeding.
Mnr Eugene Barnard, Pieter de Wit en mev Surina de Wit het mev Tienie Meyer bygestaan in die voorbereidings vir die toernooi. Veertig leerlinge het ingeskryf en die toernooi het om eenuur afgeskop in die skoolsaal. Verskeie ouers het hul kinders ondersteun. Baie dankie aan verskeie LMS personeel wat deur die loop van die middag kom hand bysit het.
Baie geluk aan die volgende top drie skaakspelers in die onderskeie ouderdomsgroepe: o/7 tot o/9: Marnus de Wit, Dewald Harris en Keagan Keightley. o/10 tot o/11: Petrie de Wit, Johanne Smit en William Harris. o/12 tot o/13: Stephan de Wit, Mikal Kruger, Zander Barnard.
Netbalproewe: Baie geluk aan die volgende dogters wat gekies is vir die Zululand Streekspan en op Vrydag, 24 April reis na Durban om aan die KZN Netbalproewe deel te neem. Zarina Knoetze, Caity Scheepers, Mieke van der Walt, Marjean van Zyl, Melandri Blaauw, Melissa Hibbert, Natasha Lombaard en Lumé Mentz.



