NewsSchools

Hoërskool Pionier – Geesvangweek by Pionier

Tydens Maandagoggend se saalopening het ‘n groep van die leerlingraad die waarde eerlikheid bespreek. Dit kom daarop neer dat dit ‘n persoonlike saak tussen jou en God is en dat jy altyd sover as moontlik eerlikheid moet betoon teenoor alles wat jy aanpak en almal wat jy ontmoet, want dit sal jou ver bring in die lewe.

PIONIER vang behoorlik gees hierdie week voor Woensdag se wedstryd teen Vryheid Hoërskool en Saterdag se wedstryd teen Generaal Hertzog.

Elke dag van die week moet die leerders volgens ‘n nuwe tema aantrek.

Gideons besoek Pionier: Meneer Gerrie Nel het Maandagoggend die opening hanteer tydens saalperiode. Hy het as deel van die Gideons vir al die graad 8 leerders ‘n Bybel as geskenk gegee. Baie dankie vir die mooi gebaar.

Skyfskiet: Die skuts het vroeg Saterdagoggend vertrek na Pietermaritzburg. Daar aangekom, kon die skuts net een van drie rondtes skiet as gevolg van beurtkrag. Ons sê steeds aan hierdie leerders dankie vir hul positiewe gesindheid en vir Meneer Schmidt wat hulle vergesel het.

Natal rugbyproewe: Die o/16 en ope-seuns het op 12 Mei aan die volgende rondte proewe deelgeneem. Die uitslae sal nog bekendgemaak word.

EG Jansen redenaars: Die volgende leerders ontvang volkleure vir die EG Jansen redenaarskompetisie: Carmen Gropp; Jana Grobbelaar; Anlie Knoetze en Stefan de Beer. Baie geluk aan hierdie leerders!

Waardesisteem: Tydens Maandagoggend se saalopening het ‘n groep van die leerlingraad die waarde eerlikheid bespreek. Dit kom daarop neer dat dit ‘n persoonlike saak tussen jou en God is en dat jy altyd sover as moontlik eerlikheid moet betoon teenoor alles wat jy aanpak en almal wat jy ontmoet, want dit sal jou ver bring in die lewe.

Sport: Inspirasiestok: Baie geluk aan Hardus van der Merwe. Hy het ‘n inspirasiestok van die leerlingraad ontvang omdat hy met goeie vernuf al die geesvangaktiwiteite begelei tydens elke sportbyeenkoms. Werklik ‘n leerder met baie gees en entoesiasme, ‘n goeie ambassadeur vir Pionier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button