Lucas Meyer Primêre Skool – ‘Wait a minute, Mr Postman’
Hulle het hul eie seëls gekoop en hul briefies self gaan pos. Dankie aan Vryheid Poskantoor se Posmeester en "Tannie" Elise, asook die personeel wat ons deur die poskantoor geneem het. Wat ook aan ons alles so mooi verduidelik met watse wye draaie ons briefie gaan loop voor dit by Ouma en Oupa gaan uitkom. Dankie aan juffrou Ilze Verster vir onderrig wat ons laat besef die praktiese beleef van dinge maak skoolhou lewendig en baie lekker.
GRAAD 3 skryf ‘n briefie vir Ouma en Oupa en dit is groot opwinding!
Hulle het hul eie seëls gekoop en hul briefies self gaan pos. Dankie aan Vryheid Poskantoor se Posmeester en “Tannie” Elise, asook die personeel wat ons deur die poskantoor geneem het. Wat ook aan ons alles so mooi verduidelik met watse wye draaie ons briefie gaan loop voor dit by Ouma en Oupa gaan uitkom. Dankie aan juffrou Ilze Verster vir onderrig wat ons laat besef die praktiese beleef van dinge maak skoolhou lewendig en baie lekker.
Wittebergtoernooi: Die eerste netbalspan het vir die eerste keer deelgeneem aan die Wittebergtoernooi. Juffrou Anta van Rensburg en mev Marianna Riley het die span vergesel. Geluk aan LMS se eerste span met die volgende uitslae tydens hul deename aan Witteberg se toernooi: LMS wen 10-1 teen Piet Retief B; wen Amsterdam 14-4; wen Badplaas 20-0 en verloor teen JJ vd Merwe 5-10.
Dundee Minitoernooi RHN: ‘n Groot groep ouers en ondersteuners het Saterdagoggend, 9 Mei, by Dundee Primêr opgedaag om al LMS se 0/7 tot 0/9 leerlinge aan te moedig met hul deelname aan die bogenoemde toernooi. Ons leerlinge het nie net waardevolle ondervinding opgedoen nie, maar ook pragtig gespeel en gepresteer.
Sportuitslae: Drakensberg: Die sportbepaling teen Drakensberg het in goeie gees afgeloop. Baie geluk aan LMS se spanne wat as volg gevaar het: Netbal: LMS wen o/10A 8-2; o/11A 4-2; wen 3de 13-7; wen 2de 8-3 en wen 1ste 12-6. Hokkie: LMS wen o/10A 4-0 en wen 1ste 4-0. Rugby: LMS verloor o/9A 12-17; o/10A wen 14-12; o/11A wen 55-0 en 1ste wen 31-15.
Kalender
14 Mei : Hemelvaartdiens
16 Mei : Egerton (Tuis)
23 Mei : Drakensberg minitoernooi



