NewsSchools

Nuwe Republiek Skool – Visvang is groot by NRS

Zander van Greuning en Sheldon Fuchs is gekies vir die o/19A Natalspan. Dit is ‘n groot prestasie aangesien Zander net 11 en Sheldon 13 jaar oud is. Die volgende hengelaars is in SAVOF (Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie) se o/13 Uitnodigingspan vir Natal opgeneem: Mtunzi Mkhize; Lungelo Masondo; Cebo Mnguni; Ntokozo Mnguni en Londa Mtshali. Al hierdie hengelaars gaan in Desember 2015 aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe by die Bloemhofdam deelneem. Ons wens hulle voorspoed toe – stywe lyne!

NRS is breëbors oor die welslae wat sy hengelaars langs die viswaters behaal het.

Zander van Greuning en Sheldon Fuchs is gekies vir die o/19A Natalspan. Dit is ‘n groot prestasie aangesien Zander net 11 en Sheldon 13 jaar oud is. Die volgende hengelaars is in SAVOF (Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie) se o/13 Uitnodigingspan vir Natal opgeneem: Mtunzi Mkhize; Lungelo Masondo; Cebo Mnguni; Ntokozo Mnguni en Londa Mtshali. Al hierdie hengelaars gaan in Desember 2015 aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe by die Bloemhofdam deelneem. Ons wens hulle voorspoed toe – stywe lyne!

Rugby: Op Woensdag, 6 Mei, het ons rugbyspanne na Ladysmith gereis om teen Laerskool Egerton te speel. NRS het skoonskip gemaak van die rugby. Die uitslae was as volg (NRS se tellings eerste): o/9 15-0; o/10 32-5; o/11 29-0; die tweede span 17-12 en die eerste span 47-3. Wel gedaan, seuns.

Seunshokkie: Op dieselfde dag het ons seunshokkiespan op die NRS-sportvelde deelgeneem aan ‘n hokkietoernooi wat deur Michaelis aangebied is. Die uitslae was as volg (NRS se tellings eerste): teen Monument 0-0; Nardini 0-0 en Michaelis 0-2. Baie dankie, Michaelis, vir ‘n aangename toernooi wat te midde van goeie sportmangees afgehandel is.

Belangrike datums

14 Mei: Seunshokkietoernooi in Ladysmith

21-23 Mei: KZN-rugbyproewe

23 Mei: KZN Binneland-hokkieproewe (seuns en dogters)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button