NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – Borgskappe verseker dat LMS se eerste spanne skitter

LMS kan nie genoeg dankie sê vir al die verskillende borge nie! Ons waardeer die ondersteuning!

ALLE verwagtinge is vanjaar oortref toe die volgende besighede, Inyanga Motors, At Moolman Makelaars en Powertrain met ‘n oophand die onderskeie eerstespanne voorsien het van splinternuwe en byderwetse sportdrag.

‘n Skool is baie afhanklik van positiewe ondersteuning van die gemeenskap waarin die skool funksioneer. Verskeie ouers het ook bygedra met die hokkietoer na Pietermaritzburg en die LMS Rugbyweek. Die eerste en tweede netbalspan is ook voorsien van warm baadjies deur die Knoetze-gesinne. ECA Consulting het alle hokkie- en netbalspanne uitgerus met sportiewe rompies. Promo Direct en Gr8 Embroidery het alle borduurwerk op die onderskeie klere gedoen. LMS kan nie genoeg dankie sê vir al die verskillende borge nie! Ons waardeer die ondersteuning!

Hemelvaartdiens: Op Donderdag, 14 Mei 2015, het LMS as skool die Hemelvaartdiens in die Suidoos Gemeente bygewoon. Ds Danie Nelson het die diens gelei en op ‘n baie oorspronklike wyse vir klein en groot geleer hoe lekker dit is as die Heilige Gees deel van jou leefwyse uitmaak. Verskeie ouers het ook die diens bygewoon. Baie dankie Suidoos-Gemeente vir jul bereidwilligheid om jul kerkfasiliteite aan ons beskikbaar te stel.

Sportuitslae: Pongola: Baie geluk aan LMS se spanne wat as volg gevaar het: Netbal: LMS verloor o/10A 4-6; wen 2de 6-5 en wen 1ste 25-5; Hokkie: LMS wen 2de 9-0. Rugby: LMS 0/11A wen 52-0 en 1ste wen 17-7. Egerton: Netbal: LMS o/10A wen 6-2; 2de wen 10-1 en 1ste wen 15-5. Hokkie: LMS 10A gelykop 2-2; 3de wen 3-0; 2de wen 7-0; 1st wen 5-0. Rugby: LMS 0/9A wen 12-10; 10A wen 24-0; 0/11A wen 55-0; 2de wen 19-7 en 1ste wen 29-12.

Kalender

23 Mei : Drakensberg minitoernooi

21 – 23 Mei : KZN Rugby- en hokkieproewe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button