Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews galleries

Strelitzia leen ‘n helpende hand

Strelitzia President, Deidré Saaijman het elke lid bedank vir hul harde werk gedurende die Bernina naaldwerkkompetisie, asook vir elkeen se aandeel in die uiters geslaagde groepdag wat onlangs aangebied is.

Op 13 Mei, het al die lede van Strelitzia Vroue-Instituut bymekaar gekom vir ‘n heerlike ete.

Strelitzia President, Deidré Saaijman het elke lid bedank vir hul harde werk gedurende die Bernina naaldwerkkompetisie, asook vir elkeen se aandeel in die uiters geslaagde groepdag wat onlangs aangebied is.

Tydens die funksie is die wins wat gemaak is tussen drie instansies verdeel en oorhandig.

– Reach for Recovery: Hierdie organisasie verleen hulp aan vrouens wat met borskanker gediagnoseer is en chemoterapie moet kry. Tans is dit slegs Heather Hitchin wat ‘n verteenwoordiger in Newcastle is.

– Christelike Maatskaplike Dienste: Susan Weyers het namens die organisasie die tjek in ontvangs geneem. Hulle verleen hulp aan mense in ‘n baie groot area in en om Newcastle.

– Voedselprojek: Strelitzia kon ook aan Amajuba Skool ‘n skenking maak ten opsigte van die kinders wat daagliks by die skool kos ontvang. Deidré Boshoff het dit in ontvangs geneem.

Die lede van Strelitzia wil graag hul borge bedank, want sonder hul oop harte en beursies sou die skenkings nie moontlik gewees het nie.

Strelitzia vergader elke tweede Woensdag van die maand en alle vroue wat belangstel is welkom.

Die volgende vergadering sal by die Presbiteriaanse Kerk (Harding Straat 51) op Woensdag, 10 Junie om 9.30vm plaasvind.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button