
INYANGA Motors Vryheid het onlangs LMS skool besoek en ‘n bruikleen Mitsubishi Mirage se gebruik vir ses maande aan LMS geborg.
Hierdie kleurvolle en parmantige karretjie is geskenk vir die gebruik van personeel wat die skool amptelik verteenwoordig by funksies en vergaderings. Baie dankie aan mnr Ray Williams en Danie Bredenhan vir al u harde werk, agter die skerms, om die ooreenkoms te bewerkstellig. LMS is in die wolke oor die positiewe ondersteuning van Inyanga Motors! Ons glo dat al die kilometers wat ons gaan aflê met die motor vir beide partye goeie reklamewaarde sal hê.
Minitoernooi: Drakensberg: Egerton: Met die juniorspanne se deelname aan hul laaste minitoernooi, te Drakensberg, het daar soos by al die vorige toernooie weereens ‘n pragtige groepie ouers en belangstellendes gereis na Newcastle om LMS se sportspanne te ondersteun. LMS se spannetjies het goed gekompeteer en puik gevaar. Dit was ook veral die entoesiasme van die afrigters wat uitgestaan het en die puik vaardighede wat die LMessers getoon het, wat ons eintlik trots maak. Al die ure se afrigting begin vrugte afwerp en ons glo dat ons met die Huttenparknaweek goeie rekenskap sal kan gee.
Kalender
29 Mei : Tekkiedag
30 Mei : Piet Retief (R:H:N – senior spanne)




