NewsSchools

Hoërskool Pionier – Atlete dra die PHS vlag met trots

  BAIE geluk aan die volgende leerders wat gekies is om spanne regoor die land te verteenwoordig: Rugby: Baie geluk aan Ryan van der Westhuizen wat gekies is om die o/19 Natal Cravenweekspan te verteenwoordig wat reis na Stellenbosch. Dit is voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees. Die volgende seuns is gekies om …

 

BAIE geluk aan die volgende leerders wat gekies is om spanne regoor die land te verteenwoordig:

Rugby: Baie geluk aan Ryan van der Westhuizen wat gekies is om die o/19 Natal Cravenweekspan te verteenwoordig wat reis na Stellenbosch. Dit is voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees.

Die volgende seuns is gekies om die o/19 Natal Platteland span te verteenwoordig: Clifferd Jacobs; Christiaan Swanepoel; Rudi Potgieter; Juanwynn Warden; Franco Botha en Riaan Le Roux. Baie geluk aan hierdie seuns, Pionier is baie trots op julle!

Netbal: Geluk aan die volgende dogters wat by die KZN netbalspanne ingesluit is: As nie-reisende reserwes: Melissa Harmse (o/16); Mia van Rooyen (o/16) en Lorinda Palmer (o/16). As deel van die finale KZN spanne: o/14: Leandri Harmse; 0/16: Zelna Marais en Natasha Kleyn; o/17: Jessica Taylor en o/18: Simoné Bornman en Ashley Reimers. Baie geluk ook aan hierdie dogters!

Hokkie: Juliet Muller is gekies om die o/16 Natal B span te verteenwoordig en reis na Stellenbosch. Chané Führi gaan die o/16 Natal Plattelandspan verteenwoordig in Potchefstroom. Nosihle Xaba is aangewys as nie-reisende reserwe vir die Natal A span. Sy is gekies as die doelwagter vir die Natal B span.

Redenaars: Baie sterkte aan die redenaars wat Pionier gaan verteenwoordig in Newcastle eerskomende naweek.

Skyfskiet: Baie sterkte aan die skuts wat gaan deelneem in Newcastle eerskomende naweek.

Uitruilstudent: Simoné Combrinck is gekies om vir ‘n maand lank as uitruilstudent te reis na Duitsland. Simoné het tweede plek behaal in die provinsie en het tiende plek in die land behaal. Baie geluk, ons is werklik trots op jou Simoné, geniet elke oomblik!

ATKV jeugtak: Desmond Burke is gekies om Pionier hierdie week te verteenwoordig by die jaarlikse AJV vergadering. Baie geluk en baie sterkte.

Wiskunde Olimpiade: Baie geluk aan al die leerders wat sertifikate ontvang het vir die Wiskunde Olimpiade.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button