NewsSchools

Hoërskool Pionier – ATKV Redenaars is uitblinkers

  OP Saterdag, 30 Mei, het die tweede rondte van die ATKV redenaarskompetisie in Newcastle plaasgevind. Die volgende leerders het deelgeneem en hulle uitstekend van hulle taak gekwyt: Pieter Claassen; Francois du Preez; Carmen Gropp; Bianca Wagener; Jana Grobbelaar; Celine Erasmus; Chanel McDonald; Zamo Mathebula en Zipho Ngubane. Francois du Preez behaal ‘n tweede plek …

 

OP Saterdag, 30 Mei, het die tweede rondte van die ATKV redenaarskompetisie in Newcastle plaasgevind.

Die volgende leerders het deelgeneem en hulle uitstekend van hulle taak gekwyt: Pieter Claassen; Francois du Preez; Carmen Gropp; Bianca Wagener; Jana Grobbelaar; Celine Erasmus; Chanel McDonald; Zamo Mathebula en Zipho Ngubane.

Francois du Preez behaal ‘n tweede plek vir gr 8-9 voorbereide toesprake. Zipho Ngubane behaal ‘n vierde plek by Afrikaans Addisionele Taal vir voorbereide toesprake. Ons is veral baie trots op Zamo Mathebula vir die feit dat sy eerste plek behaal het in Natal se Afrikaans Eerste Addisionele Taal (gr 10-12). Sy gaan ons provinsie by die SA – redenaarskompetisie verteenwoordig. ‘n Fantastiese prestasie!

Sport teen St Dominics: Woensdag 27 Mei: Netbal: o/14 B: wen 11-5; o/16 B: wen 13-6; 2de span: wen 19-2. Hokkie: o/15 A: wen 5-0; 1ste span: gelykop 1-1; 1ste seuns: verloor 4-0. Ons bedank St Dominics vir die gees waarin al hierdie wedstryde plaasgevind het.

Skyfskiet: Pionier se skuts het Saterdag, 30 Mei, by Hoërskool Ferrum aan Liga 4 deelgeneem. Daar was altesaam 72 skuts. Daar het vyf groepe deelgeneem waarvan Pionier in drie van hierdie groepe 1ste, 2de en 3de plekke behaal het. Almal het baie goed gevaar. Baie trots op julle!

South African Dance Institute: Baie geluk aan die volgende dogters wat goeie prestasies behaal het tydens die SADI 2015: Geoanie Schwartz: Sy behaal ‘n A en ‘n B-plus en ‘n spesiale toekenning. Sy is ook gekies om Suid-Afrika in New Zeeland te verteenwoordig as ‘n student. Chanè Bekker: Sy behaal ‘n B-plus en ‘n spesiale toekenning. Sy is ook gekies om Suid-Afrika in New Zeeland te verteenwoordig as ‘n dans-onderwyseres. Janè Becker: Sy dans in ‘n groep en behaal ‘n A. Baie geluk aan hierdie dogters.

Junie Eksamen: Die eksamen begin Donderdag, 4 Junie. Baie sterkte aan al die leerders. Ons glo en vertrou dat julle hard sal leer en die vrugte daarvan sal pluk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button