Lucas Meyer Primêre Skool – Eckhardt Potgieter behaal topprestasie in rugby
Tydens die seremonie, wat in die hartjie van KZN- rugby, die 'Sharktenk' plaasgevind het, is alle ouers, belangstellendes en verteenwoordigers van die betrokke leerlinge se skole, die geleentheid gegun om dit saam met hul kinders te beleef.
DONDERDAGAAND, 11 Junie, het die KZN Rugbyspan skouer geskuur met al die belangrike name in KZN se rugbygeledere.
Wat ‘n groot voorreg is dit nie vir enige puik rugbyspeler en sportman om ook deel te wees van so ‘n geleentheid nie. Tydens die seremonie, wat in die hartjie van KZN- rugby, die ‘Sharktenk’ plaasgevind het, is alle ouers, belangstellendes en verteenwoordigers van die betrokke leerlinge se skole, die geleentheid gegun om dit saam met hul kinders te beleef.
Pat Lambie was die eregas en na ‘n kort vraag- en inligtingsessie het hy die KZN-rugbyspan se kleurbaadjies oorhandig. Baie geluk Eckhardt met jou insluiting in die KZN begin vyftiental. Ons glo dat die Cravenweek baie waardevolle ondervinding en blootstelling sal wees. Baie dankie aan mnr Pieter Aucamp vir die bywoning van die geleentheid om sodoende ook LMS te verteenwoordig. Junie Eksamen: Alle fase een leerlinge het die nodige departementele toetse voltooi en die personeel is besig om die laaste van die tweede kwartaal sillabus af te handel. Die Graad vier tot sewe leerlinge skryf hul halfjaarlikse eksamen. Met ‘n deeglike hersieningsprogram wat dit voorafgegaan het, glo ons dat elke leerling die geleentheid gehad het om hulself goed voor te berei en om goed rekenskap te kan gee van die halfjaar se werk.
SAOU Kursus: Mnr C Smith, mev M Riley en mej J Botha het ‘n deeglike en interessante kursus bygewoon te Huttenpark, Newcastle, deur advokaat Kinnie, die advokaat wat KZN skole in hofsake veteenwoordig. Haar hooffunksie is die verlening van regsadvies, opleiding en verteenwoordiging aan die SAOU en SAOU lede waar dit betrekking het tot arbeids-verhoudinge. Hierby ingesluit is dissiplinêre verhore, dispute en onderhandelings- aangeleenthede.
Kalender
8 – 23 Junie : Eksamen
27 Junie : Biltongfees



