Rugbyspelers verras tydens Julie-vakansie
Die volgende rugbytoernooie het tydens die afgelope vakansie plaasgevind, waartydens van Hoërskool Ferrum se rugbyseuns verskeie spanne verteenwoordig het:
Die volgende rugbytoernooie het tydens die afgelope vakansie plaasgevind, waartydens van Hoërskool Ferrum se rugbyseuns verskeie spanne verteenwoordig het:
KwaZulu-Natal o/16 A-span se nasionale Grant Khomo-week:
Alfie Holder is verkies tot hierdie provinsiale span en het ook ‘n drie tydens hierdie toernooi gedruk.
NKZN o/16 A– VKB rugbyweek te Frankfort:
Die volgende spelers het die skool tydens die rugbyweek verteenwoordig:
– Sheldon Pienaar.
– Divan Bezuidenhout (Kaptein).
– Tyron Jonck.
– Zane Batista.
– Ruan Zietsman.
Sheldon is aangewys as die haker van die week uit 12 spanne en is dan ook vir die VKB-span verkies. Die NKZN span was onoorwonne.
KZN Platteland o/18-toernooi
Die volgende spelers het die skool tydens die toernooi verteenwoordig:
– Frikkie Hendriks
– Wessel Botha
– Luyanda Sithole
Al drie spelers het tydens hierdie toernooi ‘n drie elk gedruk.
NKZN o/18 VKB Rugbyweek te Reitz
Die volgende spelers het die skool tydens die rugbyweek verteenwoordig:
– Marius Groenewald (Kaptein)
– Ruan Fourie
– Ruan Gissing
– Rudie Siecker
– Heinrich Swiegers
Die span het goed gevaar en is vir die tweede agtereenvolgende jaar onoorwonne nadat hulle in die finaal gelykop gespeel het teen die Luiperds en daardeur goue medaljes verower het.
Baie geluk!