Local newsNewsSchools

Hoërskool Pionier – Pionier skuts presteer

Heinrich Harris word uit 50 Sporter-skuts aangewys as die beste Sporter. Pionier se skietspan eindig algeheel tweede by die Interskole, daar was ses skole wat deelgeneem het. Baie geluk aan ons puik skietspan en baie dankie aan Meneer Schmidt wat die skuts vergesel het.

PIONIER se skuts het die naweek deelgeneem by Hilton College op 1 en 2 Augustus.

Daar het altesaam 90 skuts aan die byeenkoms deelgeneem. Pionier se o/14 Veer-klas en o/16 Sporter-klas word aangewys as die beste skuts in hul ouderdomsgroep. Beide ouderdomsgroepe het in hul klasse teen ses ander skole gekompeteer. Rigardt van Zyl word aangewys as die beste Veer-skut tydens die kompetisie (daar was 40 skuts wat in hierdie klas deelgeneem het).

Tennis: Pionier se tennisspelers het Donderdag 30 Julie teen Hoërskool Vryheid deelgeneem. Die spelers het hard gespeel maar het ongelukkig nie as wenners uit die stryd getree nie. Dankie aan Hoërskool Vryheid vir die goeie sportmangees.

Krieket: Die krieketseisoen het aan die begin van die derde kwartaal afgeskop. Pionier se eerste krieketspan het die naweek teen Zululand gespeel in Pongola. Pionier wen met 67 lopies. Die goeie kolwers was Ryan van der Westhuizen wat 39 lopies aangeteken het en Jaco Huyser wat 28 lopies aangeteken het. Pionier het ‘n totaal van 133 lopies aangeteken. Die goeie boulers was Nathon Viljoen wat 3 paaltjies vir 9 lopies gekry het en Hans Opperman, Rudie Potgieter en Corné Bosman het elk 2 paaltjies gekry. Wel gedaan, julle!

Ruitersport: Christel Liebenberg het die naweek deelgeneem aan ruitersport. In die Dresser toets 3 behaal sy nie ‘n plek nie, maar wel ‘n sesde plek in toets 4. In die Working Riding afdeling behaal sy ‘n sesde plek en in die Performance Riding agdeling, ‘n vierde plek. Wel gedaan, Christel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button