NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – LMS skopfietsbaan met swier ingewy

Die hoogtepunt was mnr Rieg Verster wat die lang lys borge kon bedank en toe is dit opgevolg deur die lintknip deur mnr Pieter de Wit en mev Kim Lourens. Die projek is gedurende die Junievakansie bestuur en suksesvol afgehandel olv mnr Hendrik von Metzinger.

DIE hele LMS was ingepak in rye langs die splinternuwe skopfietsbaan van die gr RR en gr R afdeling.

Die dag se program is afgeskop deur Zita Grobler wat ‘n oulike gediggie opgesê het en die jongklomp het daarna heerlik saamgesing. Die gr 7 Gemmie-, Koedoe- en Elandspan het mekaar uitgedaag en vir opwinding gesorg met hul resies.

Die hoogtepunt was mnr Rieg Verster wat die lang lys borge kon bedank en toe is dit opgevolg deur die lintknip deur mnr Pieter de Wit en mev Kim Lourens. Die projek is gedurende die Junievakansie bestuur en suksesvol afgehandel olv mnr Hendrik von Metzinger.

Enige projek is afhanklik van die fondse beskikbaar en LMS is dankbaar teenoor die volgende borge:

Siyaxhasana Construction; Afrimat; Rieg Verster; René en Noel Clack; Kia Motors; Ben Pretorius; Tarryn Mahne; HP Eybers Vervoer; NTT Toyota; Amajuba Glass; Bivane Lodge; M&H Testing; Ella Mera; HA van der Laan; Pro5; Riana Davel; Profhulp; Promo Direct; Turbomax Tool Hire; Steers; Wow Africa; Sindy Schönborn; Zig Zag; One Call Insurance; Fabian; Bennie Badenhorst; Roman’s Pizza; Vic van Rooyen; Sign Centre; Pick and Pay; Ace Mica; TWK; Build It; Radical Solutions; Castle Sand en Hannes en Leandra Ungerer.

LMS Gholfdag: Perfekte weer, goeie ondersteuning van ouers en besighede in die dorp, asook die puik gholffasiliteite van Vryheid Country Club, is goeie bestanddele vir ‘n geslaagde gholfdag. Verskeie gholfspelers van verskillende dorpe was deel van LMS se sportdag en ‘n vol veld het deelgeneem aan die gholfdag. ‘n Goeie gees het geheers en dit was veral die kuierplekke op die gholfroete wat die dag ook baie interessant gemaak het.

At Moolman Makelaars en Siyaphambili Vervoer was die hoofborge, maar verskeie ander besighede het almal bygedra tot LMS se gholfdag.

Baie dankie aan: Link up; SJP Kruger; Vryheid Groothandel; Vryheid Printers; Profhulp Makelaars; Build It; Altyd Somer Padstal; Bubbles; KZN Body Works; JMR Trailors; Spar; Spur; Farmers Agri; Delta Motors; Inyanga Motors; PG Glass; Mascor VW; John Deere; NTT Toyota; Meadow Meats; Coetzee Mahne; Zigzag; Pixalations; Corrie van Vuuren; Eddy’s Butcheries; Meat Masters; VHD Gholfklub; Topsport en VHD Burglar Bars and Gates.

ATKV- Leesprojek: Op Woensdag, 5 Augustus, het elf Gr 6 en Gr7 leerlinge deelgeneem aan die ATKV-Leesprojek. Dit is ’n landswye kompetisie. Die doel van die kompetisie is om aan leerders die geleentheid te bied om hul leesvaardighede en toepassing daarvan te toets en te ontwikkel. Vir die kompetisie moes die leerlinge ses voorgeskrewe boeke lees. Die vraestel het uit 30 meerkeusige vrae bestaan en moes binne 45 minute afgehandel word. Na die skrywery moes die vraestelle teruggestuur word na die ATKV waar dit bepunt sal word. Groot boekpakkette kan gewen word! Ons hou styf duimvas dat ons leerlinge deel van die wenners sal wees!

LMS Opedag: Vrydag, 28 Augustus, is die datum om te omkring! LMS ontvang alle besoekers, wat insluit leerlinge vanaf gr RR tot gr 7 en ouers wat hulle wil vergewis van LMS as opvoedingsentrum. Die program skop reeds om 8:30vm af. Ons sal besoekers ontvang tot 1:00 die middag.

Kalender

  • 9 – 12 Augustus – Gr 6 Leierstoer na Babanango
  • 28 Augustus – LMS Opedag

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button