Hoërskool Pionier – Pionier swemmers ontvang toekennings
Baie geluk aan al die leerders wat die praktiese bakkursus voltooi het wat verband hou met Advanced Sweet Bakes. Die kursus het vroeër vanjaar in die eerste kwartaal, op 9 Maart plaasgevind. Elke leerder wat die kursus voltooi het, het ‘n sertifikaat ontvang.
SWEMMERS het onlangs die Pionier naam hoog gehou toe hulle toekennings ontvang het by die Vryheid Swemklub se prysuitdeling.
Baie geluk aan die volgende swemmers wat toekennings ontvang het: Jana Schoeman; Muller Smith; Jaco Schutte; Lésa Swanepoel; Ashley Reimers; Leandri Harmse; Kristen Small; Dylan Wessels; Karla Combrinck en Christopher Doust.
Pionier 7’s te Middelburg: Pionier se o/15 A – 7’s span het die naweek gereis na Middelburg waar hulle aan ‘n 7’s toernooi deelgeneem het. Die span bestaan uit die volgende leerders: Christiaan Zietsman; Zander Fouche; Jaco Lourens; Marno Crathorne (kaptein); Ruan Muller; Charles Meintjies; Quinton Viljoen; Hardus van der Merwe; JW Olsen; Armand Olsen; Klopper Opperman; Conrad Pretorius en Ivan Pretorius.
Hierdie span het hulle eerste wedstryd teen Middelburg Hoërskool se B-span gespeel en het hulle 17-14 geklop. Die tweede wedstryd wat hulle gespeel het was teen Lydenburg en Pionier het van elke geleentheid gebruik gemaak om punte aan te teken en sodoende 42-5 te wen. Middelburg Hoërskool se A-span het nuwe uitdagings gebied en Pionier verloor ongelukkig die wedstryd: 12-0. Pionier speel in die plaatfinaal teen Hoogenhout en wen 21-12, wat beteken dat hulle algemeen derde geëindig het in die toernooi. Welgedaan seuns, julle maak ons trots!
Leerders voltooi praktiese bakkursus: Baie geluk aan al die leerders wat die praktiese bakkursus voltooi het wat verband hou met Advanced Sweet Bakes. Die kursus het vroeër vanjaar in die eerste kwartaal, op 9 Maart plaasgevind. Elke leerder wat die kursus voltooi het, het ‘n sertifikaat ontvang.
Krieket: Pionier se krieketspelers het Woensdag, 16 September, teen Hoërskool Ferrum gespeel.
1ste span vs Ferrum tuis: Pionier verloor ongelukkig met 1 paaltjie. Die speler wat tydens hierdie wedstryd uitgestaan het is Jacques Sander met bouluitslae van 1 beurt vir 4 lopies met 3 paaltjies en Jaco Huyser wat 4 paaltjies geneem het as paaltjiewagter.
o/15 vs Ferrum weg: Pionier verloor ongelukkig ook hierdie wedstryd met 26 lopies. Die spelers wat uitgestaan het tydens hierdie wedstryd was Nantus Davel wat uitstekend geboul het en Jaco Coetzee wat 24 lopies aangeteken het.
Top 10 toer na Amerika: Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir al die top 10 leerders wat volgende week na Amerika gaan reis te sê: Bon Voyage, julle! Geniet elke liewe oomblik, dis nie sommer elke dag wat so ‘n geleentheid oor ‘n mens se pad kom nie.



