NewsSchool sportSchoolsSport

Hoërskool Pionier – Natal ringbal lewer SA – spelers op

SOMMIGE van die leerders en onderwysers het nie die kort Septembervakansie gesien as ‘n geleentheid om te rus nie en het hulself besig gehou met vele ander aktiwiteite. Ringbal: 28 van Pionier se leerders en 5 personeellede het gedurende die vakansie aan die SA Ringbal kampioenskappe deelgeneem, wat in Margate plaasgevind het. Die leerders het …

SOMMIGE van die leerders en onderwysers het nie die kort Septembervakansie gesien as ‘n geleentheid om te rus nie en het hulself besig gehou met vele ander aktiwiteite.

Ringbal:

28 van Pionier se leerders en 5 personeellede het gedurende die vakansie aan die SA Ringbal kampioenskappe deelgeneem, wat in Margate plaasgevind het. Die leerders het in verskeie ouderdomsgroepe deelgeneem. Twee van ons leerders en een van ons onderwyseresse is by die SA – spanne ingesluit: Marchell Warden word verkies tot die SA uitnodigingspan (B) en Anandi Blaauw is by die SA A-span ingesluit. Geluk aan Mej. Le Roux wat by die SA Uitnodigingspan (B) ingesluit is.

SA Skyfskiet:

10 van Pionier se skuts het ons skool se naam hoog gehou gedurende die vakansie in Hartebeespoortdam by die SA kampioenskappe. Alhoewel nie een van ons skuts ‘n plek behaal het nie, het elke skut steeds verbeter op sy persoonlike beste. 4 van die skuts het wel silwer medaljes verwerf: Caitlyn Skews, Righardt van Zyl en Rinus Wagener ( in die o/14 veerklas) en Johan Harris verwerf sy silwer medalje in ‘n gekombineerde span van sporters en vere in die ouderdomsgroep o/16 en o/21. Wel gedaan julle!

Kriekettoer na Eshowe:

Pionier se eerstespan het tydens die vakansie getoer na Eshowe en het 3 wedstryde gespeel. Die wedstryde het soos volg verloop: Teen Thomas Moore verloor Pionier met 6 paaltjies, maar hulle wen Zululand met 1 paaltjie. Teen Port Shepstone wen Pionier weer met 2 paaltjies, wat beteken dat Pionier 2 uit 3 wedstryde gewen het. Marco Führi speel sy hart uit en is aangewys as speler van die toernooi en teken 29 (nie uit nie) en 22 (nie uit nie).

Koor – SATCH:

Die koor het tydens die vakansie aan SATCH deelgeneem in Pretoria. Hulle het 4 liedjies gesing en ontvang goue medaljes vir al 4 liedjies. Vir hulle Afrikaanse liedjie, verwerf hulle eerste plek en drie 3de plekke vir die res van hulle liedjies. Baie geluk aan elke leerder wat deel is van die koor. Daar was ook 2 leerders wat pryse ontvang het vir individuele deelname aan die SATCH: Alyssa Sevenster – Sy het 4 solo’s gesing en verwerf bo 85% (goud) vir al 4 solo’s. Shanleigh Sevenster het 3 solo’s gesing en het bo 80% (silwer) vir een solo verwerf en bo 85% (goud) vir twee van haar solo’s. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het.

NKZN Jeugkoor:

Baie geluk aan die volgende leerders wat ingesluit is by die 2016 NKZN Jeugkoor: Charné Snyman, Shiloh Buss, Megan Smith, Natasha Oosthuysen, Leon Groenewald, Waldo van der Westhuizen, Jethro Buss, Tiaan Schonken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button