Op Vrydag, November 6, is ons Graad 1 tot Graad 3 leerlinge, tydens ‘n prestige geleentheid, beloon vir hul harde werk deur die jaar.
Elke leerling het ‘n toekenning ontvang en elke junior leerling verdien opnuut gelukwensing.
‘n Baie spesiale gelukwens vir die volgende trofeewenners: Carin Walter Trofee vir Beste presteerder in graad 1: Keagan Keightley; Duyts Trofee vir Beste presteerder in graad 2: Ethan Jooste; Annatjie Odendaal Trofee vir Beste presteerder in graad 3: Dylan Potgieter en Yvonne Nel Trofee vir Beste leser in graad 1: Michal Richter.
Opregte dank aan ds Joubert Ferreira vir sy opening van die verrigtinge.
‘n Spesiale dankie aan Mnr Pieter de Wit vir sy toepaslike boodskap aan die leerlinge en hul ouers. LMessers is “smart” en karakterbou gee goeie dividende. Mev Ilze Kitching het haar puik gekwyt van haar taak om elke fase 1 leerling spesiaal te laat voel. Die skoolsaal en blomme het netjies vertoon en mev Sophia Doust en mev Marelise Joubert het daarvoor gesorg.
Dit was ‘n baie spesiale geleentheid vir leerlinge en personeel. Ons wil elke ouer, groot-ouer en ander belangstellendes wat u kind kom ondersteun het, bedank. Dankie vir u belangstelling in u kind en in ons skool!
Dankie aan Mev Mariana Riley en haar span vir puik reëlings en gedissiplineerde leerlinge.



