Local newsLocal sportNewsSport

Vryheid Atletiekklub – Hippies en Hobos daag op vir die aand

Die aande is nou heerlik, so kom draf/stap gerus saam op ‘n Donderdagaand. Die tydtoets vind om 5:30nm plaas en almal is welkom om aan die tradisionele 5/10km tydtoets op die pad deel te neem, of aan ‘n 5km trail tydtoets. Onthou ook om iets saam te bring vir die bring-en-braai daarna.

DAAR het op Vrydagaand, 13 November, ‘n ligte luim geheers by die Pionier losie, terwyl al die Hippies en Hobos van die Vryheid Atletiekklub by die Jaareindfunksie opgedaag het.

Male Master 2015, Dirk Breedt.
Male Master 2015, Dirk Breedt.

Julle het almal pragtig gelyk! Nadat die hoof Hobo, voorsitter Paul Marques, almal verwelkom het, is die lede onmiddellik beloon vir hul harde werk die afgelop jaar.

Female Athlete and Female Walker 2015, Cathy Sandalls.
Female Athlete and Female Walker 2015, Cathy Sandalls.

Geluk aan al die trofeewenners:

  • Male Athlete of the Year – Simphiwe Buthelezi;
  • Female Athlete of the Year – Cathy Sandalls;
  • Male Grand Master – Johann Coetzee;
  • Female Grand Master – Georgie Tasseron;
  • Male Master – Dirk Breedt;
  • Female Master – Cathy de Beer;
  • Male Veteran – Casper Louw;
  • Female Veteran – Paula Small;
  • Male Time Trialist – Mishak Ledwaba;
  • Female Time Trialist – Amanda Bothma;
  • Most Improved Male – Mishak Ledwaba;
  • Most Improved Female -Amanda Bothma;
  • Nienaber Trofee – Paula Small;
  • Novice of the Year – Jackie Webb;
  • Most Active Runner -Mishak Ledwaba;
  • Walker of the Year – Cathy Sandalls;
  • Most Improved Walker – Andrew Sandalls;
  • Worker of the Year – VAC Committee;
  • Club Supporter of the Year – Johann Coetzee en
  • Ladies’ Supporter – Mishak Ledwaba.
Male Walker 2015, Andrew Sandalls.
Male Walker 2015, Andrew Sandalls.

Na ‘n heerlike boemelaars-maal is die meer pret pryse uitgedeel:

  • Vasbyter van die jaar – Ingrid Le Roux;
  • Midnight Runner – Barbara Dicks en
  • Hein Potgieter;
  • Stirrer of the Year – Smuts van der Nest;
  • Laziest Runner – Carla Muller en
  • Clown of the Year – Mariaan Le Roux
The always elegant Cathy De Beer was almost unrecognisable in her Hippie attire, receiving the trophy for Female Master.
The always elegant Cathy De Beer was almost unrecognisable in her Hippie attire, receiving the trophy for Female Master.

Ons vra al ons lede om asseblief Donderdagaand, 26 November oop te hou vir die Algemene Jaarvergadering. Dit is van uiterste belang dat julle die vergadering bywoon om julle bydrae te lewer tot julle klub.

Ingrid Le Roux was chosen as Vasbyter van die Jaar.
Ingrid Le Roux was chosen as Vasbyter van die Jaar.

Die aande is nou heerlik, so kom draf/stap gerus saam op ‘n Donderdagaand. Die tydtoets vind om 5:30nm plaas en almal is welkom om aan die tradisionele 5/10km tydtoets op die pad deel te neem, of aan ‘n 5km trail tydtoets. Onthou ook om iets saam te bring vir die bring-en-braai daarna.

Om aan te sluit by die Vryheid Atletiekklub of vir verdere besonderhede, kontak gerus ons sekretaresse Carla by 084 477 7704.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button