NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – Moo Poo dag ‘n reuse sukses

Die Moo het gepoo en die wenner van R15 000 Moo-Poo is mev Gerda Van Nieuwenhuizen van Bethal. Baie geluk!

NA afloop van die seniorfase se prysuitdeling vind die jaarlikse Moo Poo dag plaas.

Dit was vanjaar verseker die heel grootste en lekkerste Moo-Poo ooit. Die Moo het gepoo en die wenner van R15 000 Moo-Poo is mev Gerda Van Nieuwenhuizen van Bethal. Baie geluk!

SOURCE WWW.REDDIT.COM

Die Kaartjieverkope Pryswenners: 1ste: Lodewyk van Rooyen (Gr1) wen R1500; 2de: Dane de Villiers (Gr3) wen R500; 3de: Charne van Wyk (Gr7) wen R350 en die klaswenners wen ’n afdag en pizza: Junior Fase, Gr1S; Juf Mariana Riley en Seniorfase: Gr6S; Mnr Pieter Aucamp.

SOURCE WWW.GIFBAY.COM

So ‘n groot projek kan net afgehandel word met insette van instansies en ouers. Mnr Bruce Barsdorf het die presiese opmetings gedoen om die wenner te bepaal. Wynand Swanepoel se beeste word elke jaar ingespan om Poo te kom doen. Baie dankie vir die leen van die beeste en sleepwa om hekke op te laai.

SOURCE GIFSOUP.COM

Die administrasie is groot en mev Rika Maree het alles seepglad laat verloop. LMS personeel, werkers en matrones verrig ’n groot taak met die hou van toesig en alle ouers ondersteun die projek met die koop en verkoop van die kaartjies.

Baie dankie Isilulu, West End en Biltong en Braai vir die borg van produkte.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button