Hoërskool Pionier kondig hoofleiers vir 2026/27 aan
Hoërskool Pionier het sy hoofleiers vir 2026/27 aangewys, met leerders wat gereedstaan om leiding te neem.
Hoërskool Pionier kondig met groot trots ons Hoofleiers vir 2026/27 aan.
Skoolleiers vir 2026/27
President: Ruhan Steenberg;
Vise-president: Thomas Ungerer en Frans Saaijman;
Presidente: Annelien Vlok;
Vise-presidente: Leané Janse van Rensburg en Leandri Grobler.
Koshuisleiers vir 2026/27
Hoofseun: Leroux Joubert;
Onderhoofseun: Ceagen Calitz en Ruhan Steenberg;
Hoofmeisie: Annelien Vlok.
Onderhoofmeisie: Leané Janse van Rensburg en Lienke Senekal.
Leierskap met trots en verantwoordelikheid
Hierdie leerders is met die besondere voorreg en verantwoordelikheid om leiding te neem, ons skool se waardes uit te leef en Pionier se naam met trots hoog te hou, toevertrou.
Mag julle leierskap deur integriteit, nederigheid, respek en ’n passie om ’n positiewe verskil te maak, gekenmerk word. Mag julle deur julle voorbeeld inspireer, ander motiveer en help bou aan ’n skoolgemeenskap waarop ons almal trots kan wees.
Baie geluk aan elkeen van julle met hierdie besondere prestasie!
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



