NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool reg vir 2016

Mag u verbintenis met LMS ‘n gelukkige en suksesvolle ervaring wees. By LMS is dit vir ons belangrik dat ons leerlinge gelukkig is en vinnig tuis sal voel.

Baie welkom terug aan al die leerlinge en personeel.

‘n Besondere woord van welkom aan die nuwe Gr 1-leerlinge, hulle ouers en al die ander nuwe leerlinge in die ander grade met hul ouers. Mag u verbintenis met LMS ‘n gelukkige en suksesvolle ervaring wees. By LMS is dit vir ons belangrik dat ons leerlinge gelukkig is en vinnig tuis sal voel.

Personeel: LMS verwelkom ook sy nuwe hoof, mnr Riaan Kritzinger, as deel van die LMS-familie. Mnr Kritzinger was vir 32 jaar aan Hoërskool Pionier verbonde, die laaste 15 jaar as adjunkhoof. Ons moes ook ongelukkig twee personeellede groet.

Me Johanna Botha is aangestel as adjunkhoof by Hoërskool Pionier met ingang van 11 Januarie. Oor ‘n tydperk van langer as 30 jaar het sy diep spore by LMS getrap. Sy het ‘n leidende aandeel daarin gehad om LMS as een van die top primëre skole in ons provinsie te vestig. Ons wens haar net die beste toe en glo dat sy gelukkig in haar nuwe pos sal wees.

Mev Marinette van der Nest is by NRS as onderwyseres aangestel. Haar insette by haar graadgroep was van onskatbare waarde en sy het ook ‘n groot bydrae gelewer tot die redenaars in die skool. Haar insette en inisiatief gaan beslis gemis word.

Baie welkom aan mev Cindy de Villiers wat tydelik in mev Van der Nest se pos sal aflos. Sy is ‘n ou bekende by LMS en ons weet dat sy ook haar taak met liefde en erns verrig.

Die nuwe jaar bied nuwe geleenthede aan ons personeel en leerlinge. By LMS word daar gepoog om elke leerling se volle potensiaal te ontsluit. Elke leerling is ‘n individu en daarom is die beginsel van individualisering in die opvoeding van ons kinders ook by LMS ‘n prioriteit.

Ons glo dat elke leerling vanjaar vele geleenthede sal kry om, getrou aan LMS se leuse, te “Werk en Groei.”

Program:

15 Januarie – Swemuitdunne

18 Januarie – Atletiekuitdunne

20 Januarie – Ysterman/-vrou kompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button