communityNewcastle AdvertiserSchools

Leerders wys entrepreneursgees by Dragons’ Den-aand

Sakekamer bied Dragons' Den vir leerders aan.

As deel van sy jaarlikse Entrepreneurs Kompetisie het die Newcastle Sakekamer (Business Chamber) weereens sy Dragon’s Den aangebied.

Graad 8- tot 11-Besigheidstudie-leerders is genooi om deel te neem en ‘n sakeplan in te dien.

Die skole wat vanjaar deelgeneem het, sluit in Ferrum Hoërskool, Curro St Dominics Newcastle, Newcastle Hoërskool en Lincoln Heights.

Elke sakeplan is noukeurig hersien en die top-leerders is genooi om hul planne voor ‘n paneel beoordelaars in ‘n Dragons’ Den-formaat aan te bied.

Die leerders.
Morne Seaman, NT Oosthuizen, Davida van der Merwe, Shani Mason, Bhavna Maharaj, Angelique van Vuuren en Drienie van Vuuren.

Top-leerders beïndruk beoordelaars

Die Dragons’ Den-aand het op Dinsdag, 13 Oktober, in die raadsaal by MMG Ford Newcastle plaasgevind, waar leerders, onderwysers en ouers met verversings verwelkom is.

Elke leerder het 15 minute gekry om sy of haar plan aan die paneel voor te lê.

Beoordelaars het die geleentheid gehad om vrae te stel en terugvoer te gee oor elke plan. Die wenner in elke kategorie word op 30 Oktober tydens ‘n formele gala-geleentheid aangekondig.

Die gasspreker vir die aand is Albert van Wyk van Maak my ‘n Miljoenêr.

Pryse wat gewen kan word, sluit skootrekenaars, tablette en nog baie meer in.

“Ons wil graag elke skool en Besigheidstudie-onderwyser bedank wat by hierdie projek betrokke was en elke student gemotiveer het om deel te neem.

“Ons wil ook Comburs bedank vir hul skenking en ondersteuning vir jong entrepreneurs. Baie dankie ook aan die beoordelaars. Sonder die ondersteuning van Comburs, die beoordelaars en die ondersteuning van die skole en onderwysers sou hierdie projek nie moontlik gewees het nie.”

Die Newcastle Advertiser wens die top-leerders sterkte toe.

Kaartjies vir die gala-aand is beskikbaar by die Sakekamer. Kontak Drienie van Vuuren by admin@sakekamer.com of 068 541 1779


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Zianne Leibrandt

Since joining the Newcastle Advertiser in 2015, Zianne Leibrandt has built a reputation for fair, balanced reporting and remaining calm under pressure. She believes every day brings a new adventure and an opportunity to share the stories that matter most.

Related Articles

Back to top button